Nuus argief

 

Woon ons welstandsdae by!

Nuus argief >>

Beste Vitality-lid

'n Nuwe jaar is die perfekte tyd om met 'n skoon lei te begin. Nou kan Vitality-lede 'n bietjie tyd opsy sit om na hul gesondheid te kyk om hierdie jaar goed te kan voel en die meeste van die jaar te maak. Jy kan 'n welstandsondersoek op een plek en op 'n spesifieke tyd vir jou reël. En as 'n bykomende bonus kan jy die vrugte pluk om duisende Vitality-punte te verdien omdat jy jou gesondheidsondersoeke laat doen.

Die Discovery Store in Stellenbosch is 'n moderne ruimte waar al die Vitality-assesserings gedoen word en waar die Discovery Store-span ook professionele bystand verleen. Binne 90 minute word 'n Vitality-gesondheidsondersoek, Vitality-fiksheidassessering en Vitality-voedingskonsultasie gedoen. Bespreek een van hierdie sessies of laat sommer almal doen!

Hier volg die besonderhede:

HGG Wealth het die Store spesiaal vir ons gewaardeerde kliënte bespreek vir Vrydag 4 Maart en Vrydag 11 Maart.

Tyd: 09:00 tot 17:00
Besprekings: stefanie@hggroep.co.za
Plek: Discovery Store, Stellenbosch Square, h/v R44 en Webersvalleiweg, Stellenbosch
Koste: Gesondheidsondersoeke – 30min – gratis
             Fiksheidsassessering – 30 min – R265.00 per persoon
             Voedingskonsultasie – 30 min – R340.00 per persoon

Ons sien uit om jou daar te verwelkom.

Vriendelike groete
HGG Wealth-span

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo