Nuus argief

 

So kan jy op elektrisiteit en belasting bespaar

Posted by Administrator (hgg17admin) on May 18 2016
Nuus argief >>

Het jy geweet sonkrag kan help met 'n besparing op jou belastingrekening? HGG Professionele Rekenmeesters verduidelik die nuwe bepalings van die Wysigingswet op Belastingwette.

Nog nooit was daar 'n beter tyd as nou om in fotovoltaïese (PV) sonkragbates te belê nie. Nie net sal jy op elektrisiteitskoste bespaar nie, maar wysigings wat deur die Wysigingswet op Belastingwette (no. 25 van 2015), aangebring is en op 8 Januarie 2016 gepromulgeer is, beteken dat jy in aanmerking kan kom vir 'n versnelde belastingaftrekking indien jou sonkragbates elektrisiteit van 1MW of minder opwek.

"Die wysiging wat op 1 Januarie 2016 in werking getree het en van toepassing is op die jaar van aanslag wat op of na daardie datum begin het, maak voorsiening vir 'n 100% versnelde belastingaftrekking ten opsigte van PV-kragaanlegte wat ingebed is en wat tot 1MW vir eie verbruik genereer," verduidelik HGG Professionele Rekenmeesters-direkteur, Petro Hartman.

Die nuwe Wysigingswet op Belastingwette het die vorige "sonkrag" verwysing in die vorige Wet aangepas om te onderskei tussen:

  • PV sonkrag meer as 1MW,
  • PV sonkrag nie meer as 1MW nie, en
  • Gekonsentreerde sonkrag.

PV sonkrag van nie meer as 1MW nie, kom nou in aanmerking vir 'n 100% vervroegde belastingaftrekking in die jaar van die aanslag waarin die bate in gebruik geneem is, met die doel om die opneem van hierdie projekte te vermeerder. Die ander kategorieë sonkrag bly op die vorige afskryfbepalings van 50%/30%/20% oor 'n driejaartydperk.

"Met in agneming van ons sonnige klimaat maak 'n belegging in PV sonkrag ongetwyfeld ekologiese en finansiële sin vir korporatiewe persele in Suid-Afrika," sê Petro.

HGG help graag

Skakel vandag nog HGG Professionele Rekenmeesters by 021 851-2778, 021 870-1038 of 021 979-3900 om meer uit te vind hoe 'n belegging in PV sonkrag in die komende jaar tot voordeel van jou maatskappy se belastingaanslag sal strek.

Last changed: May 18 2016 at 9:25 AM

Back

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo