Nuus argief

 

Sluit aan by ons dinamiese span

Nuus argief >>

Is jy gemotiveerd, toegewyd en passievol oor die finansiële wêreld? Hoekom neem jy nie jou loopbaan na die volgende vlak in 2016 nie? Die HGG Finansiële Groep het die volgende poste by ons kantoor in Somerset-Wes beskikbaar:

Junior boekhouer
(Basiese salaris: R7 000 – R10 000)
Minimum vereistes:
- Aansoekers moet minstens oor twee jaar ervaring en 'n Graad 12-sertifikaat beskik.
- Kandidate moet bedrewe wees in Pastel Partner en inligting tot by proefbalans kan verwerk.
- 'n Basiese kennis van Pastel-betaalrol is voordelig, maar nie 'n vereiste nie.
- Aansoekers moet VAT201 en EMP201 kan invul en indien.
- Aansoekers moet hul eie vervoer en 'n geldige bestuurslisensie hê.

Junior rekenmeester
Minimum vereistes:
- Aansoekers moet 'n SAIPA-leerderskap van drie jaar voltooi het, of byna klaar wees met hul leerderskap.
- Kandidate moet oor 'n B Com-graad in Finansiële Rekeningkunde of Finansiële Bestuur beskik, of besig wees om dit klaar te maak.
- Ondervinding in Pastel en Caseware Working Papers is voordelig.
- Aansoekers moet hul eie vervoer en 'n geldige bestuurslisensie hê.

SAIPA-rekenmeestersklerk (eerste-/tweede-/derdejaars)
Minimum vereistes:
-Aansoekers moet by SAIPA geregistreer wees of van voorneme wees om binnekort by SAIPA te registreer.
-Kandidate moet oor 'n B Com-graad in Finansiële Rekeningkunde of Finansiële Bestuur beskik (of ingeskryf wees vir hul finale jaar van die graad).
- Aansoekers moet hul eie vervoer en 'n geldige bestuurslisensie hê.

Hoe om aansoek te doen

  • Stuur jou CV (nie langer as drie bladsye nie) en 'n afskrif van jou graad (indien van toepassing) na naomi@hggroep.co.za voor 30 Januarie 2016. As jy nog nie teen 5 Februarie 2016 van ons verneem het nie, was jou aansoek onsuksesvol. Dui asseblief in die onderwerpsreël van jou e-pos aan vir watter pos jy aansoek doen.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo