Nuus argief

 

Sien om na jou gesondheid

Nuus argief >>

Wêreldgesondheidsdag word oral ter wêreld op 7 April gevier. Hoewel die fokus vanjaar op voedselveiligheid val, is dit ook die perfekte dag om jouself daaraan te herinner om na jou eie gesondheid en welstand om te sien.

Medbroking, 'n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer wat by die Raad op Mediese Skemas geregistreer is en 'n lid van die HGG Finansiële Groep is, is daar om jou al die pad te ondersteun in jou poging om 'n gebalanseerde en gesonde lewe te lei.

Dit is nie altyd moontlik om jou gesondheid te beveilig nie, en dit is waarom omvattende mediesefondsdekking van die uiterste belang is. Medbroking is 'n spesialis-makelary wat 'n verskeidenheid gerespekteerde, geakkrediteerde mediese skemas verteenwoordig en jou waardevolle ondersteuning bied met die keuse van die optimum medieseskemaplan vir jou unieke omstandighede.

Dit gaan egter nie net oor medieseskemadekking nie maar ook oor die handhawing van 'n gesonde lewenstyl. Dit is waarom Medbroking gereeld gesondheids- en welstandsdae in samewerking met Discovery Vitality en Momentum Multiply aanbied waar lewensbelangrike gesondheids- en fiksheidsassesserings gedoen word. "Om 'n voorbeeld te noem, een van ons kliënte wat een van ons welstandsdae bygewoon het, is gediagnoseer met 'n baie hoë cholesterolvlak en kan nou behandeling daarvoor ontvang," sê Stefanie Tolken, finansiële konsultant.

Medbroking se dienste in 'n neutedop:

  • Jaarlikse evaluering van jou mediese skema en premie-opsies gegrond op jou immerveranderende behoeftes en omstandighede.
  • Gapingsdekking-oplossings om jou te help om die tekort in spesialis-gesondheidsorguitgawes te dek.
  • Verskeie mediese skemas bied welstandsprogramme wat op die bevordering van gesondheid en fiksheid gemik is. Ons kan jou raadgee oor hoe om die maksimum voordeel te trek uit die program wat die beste in jou behoeftes kan voorsien.
  • Jy het glad nie nodig om die rompslomp te hanteer wat met die eis van mediese uitgawes of bestuur van jou jaarlikse belastingsertifikate gepaard gaan nie. Medbroking kan dit namens jou doen.

Moenie huiwer om ons te kontak vir 'n gratis ontleding en vergelyking om te verseker dat jy ten volle vir jou unieke behoeftes gedek is nie. Kliek hier vir nog inligting.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo