Nuus argief

 

Optimaliseer jou aftree-spaargeld deur in 'n indeksfonds te belê

Nuus argief >>

Watter persentasie van jou aftree-spaargeld bestee jy aan administrasie- en makelaarsfooie? HGG Welvaart bied jou nou die geleentheid om jou fooie aansienlik te verminder wanneer jy vir jou aftrede spaar.

Ons maak dit vir jou moontlik om direk in aandele op die aandelemark (indeksfondse) te belê sonder dat fondsbestuurders as tussengangers optree. Dit beteken dat die administratiewe koste en makelaarsfooie aansienlik minder is.

HGG Welvaart, 'n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer, volg nou die benadering dat dit beter is om die mark te "besit" (dus direk in die indeks te belê), eerder as om in die mark handel te dryf met die hoop dat jy 'n hoër opbrengs sal verdien as wat die mark lewer. 10X Investments maak dit moontlik. Hoewel hierdie portefeulje aanvanklik net op groepmaatskappye gefokus het, is 10X nou beskikbaar aan individue wat doeltreffend vir hul aftrede wil spaar.

 

Kenne de Kock, welvaartbeplanner en FAIS-sleutelindividu, sê: "By HGG Welvaart kan ons jou help deur jou bestaande fooistruktuur te ontleed en alternatiewe opsies voor te stel. Byvoorbeeld: As ons aanneem jy kry 'n werklike opbrengs van 5% op jou belegging na inflasie, word 2% aan fooie afgestaan, wat gelyk is aan 40% van jou werklike opbrengs. Die fooi van 2% saamgestel oor 40 jaar sal gelyk aan 60% van jou werklike opbrengs wees wat aan fooie afgestaan word. In Suid-Afrika is die fooie vir uittree-annuïteite tussen 2,5% en 3,5%, wat dit 'n baie duur aftreemeganisme maak. Deur in die indeksfonds in plaas van deur 'n fondsbestuurder te belê, sal jy jaarliks tussen 1% en 2,5% op jou belegging spaar danksy laer bestuursfooie."    

  • Hoewel die 10X Investments-aftreemeganisme nou aan al ons kliënte beskikbaar is en baie voordele inhou, bly HGG Welvaart verbind tot die verskaffing van objektiewe advies aan kliënte, op grond van hul unieke omgewing, situasie en stadium van die lewe.

Vir nog inligting, skakel Kenne de Kock of bel 021 851 2778 om met een van ons beleggingspesialiste te praat.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo