Nuus argief

 

Ons bied die volle pakket

Nuus argief >>

Op soek na iemand wat jou met jou belasting- of ander rekeningkundige dienste kan help? Praat met HGG Professionele Rekenmeesters. Ons bied 'n wye reeks belasting- en rekeningkundige dienste aan individue en sakeondernemings.

Ons het 'n deursigtige verhouding met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en ander regulerende liggame, en kan jou dus met al jou belastingbehoeftes help en verseker dat jy die betrokke sperdatums nakom.

HGG Professionele Rekenmeesters bied jou die voordeel dat ons jou belastingopgawes namens jou invul. En nóú is die regte tyd om dit te doen, aangesien die 2014-belastingopgawes vir voorlopige belastingbetalers (individue en trusts) teen die einde van Januarie 2015 by SAID ingedien moet word.

Die sperdatum vir die indiening van 2014-belastingopgawes vir maatskappye en beslote korporasies is die einde van Februarie 2015. Dít is ook die datum waarop die tweede voorlopigebelasting-betalings afgehandel moet wees.

HGG Professionele Rekenmeesters bied die volgende belastingdienste aan vanuit ons kantore in Somerset-WesDurbanville en die Paarl:

  • Belastingbeplanning, soos om kliënte te help om 'n optimale pakketstruktuur saam te stel asook bystand met boedel- en sekondêre belastings.
  • Belastingadministrasie, soos aansoeke om uitstel, reël van voorlopigebelasting-betalings, korrespondensie met SAID, belastingregistrasiedienste en voldoening aan statutêre registrasies soos BTW, LBS, WVF, SDL, KMR en werkgewersaanspreeklikheid.

Benewens hierdie wye reeks belastingdienste bied ons ook rekeningkundige en ouditdienste, nuwe sakeregistrasies en sekretariële dienste aan.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo