Nuus argief

 

Maak die regte besluit vir jou gesondheid in 2016

Nuus argief >>

Voorsien jou mediese fonds nie in jou behoeftes nie? Medbroking kan jou help om 'n fonds vir 2016 te vind wat jou perfek pas.

Dit is tyd om jou mediesefondsdekking vir 2016 te hernieu. Jy kry een keer per jaar – tussen 1 November en die middel van Desember – die geleentheid om jou mediese dekking vir die volgende jaar aan te pas. Dit is belangrik om in ag te neem dat jou behoeftes en omstandighede dalk verander het, en dat jy van hierdie tydperk gebruik maak om enige veranderinge wat jy graag sou wou aanbring, te versoek.

"Die span van Medbroking is hier om te help – laat ons asseblief weet as jy wil hê ons moet jou kom besoek en die verskillende opsies vir jou mediese dekking in 2016 bespreek. Ons kan die verskillende opsies se voordele verduidelik en jou ook sê hoeveel elke opsie jou in die nuwe jaar gaan kos," sê Kenne de Kock, direkteur van HGG Welvaart.

"Baie mense bly jare lank op dieselfde mediesefonds-opsie, ondanks die feit dat dit nie regtig in hul behoeftes voorsien nie. Eerder as om te leef met dekking wat jou nie regtig pas nie, kom vind uit wat beskikbaar is en hoe jy kan baat deur na 'n ander opsie oor te skakel. Danksy werksverhoudinge met 'n hele paar mediesefonds-skemas is ons konsultante in staat om onafhanklike advies oor die verskillende skemas te bied om jou te help om die fonds te vind wat perfek in jou behoeftes voorsien," voeg Kenne by.

Moenie van gapingsdekking vergeet nie...

Gapingsdekking oftewel "gap cover" vorm 'n noodsaaklike deel van omvattende mediese dekking. Gapingsdekking-produkte is polisse wat die verskil (onderworpe aan sekere beperkings) betaal tussen dokterstariewe en die tariewe wat die mediese fonds betaal vir prosedures wat in die hospitaal gedoen word. "'n Medbroking-konsultant kan die verskillende gapingsdekking-opsies wat vir jou beskikbaar is, vir jou uiteensit, asook enige beperkings of wagperiodes wat dalk van toepassing kan wees," sê Kenne.

Skakel ons

Skakel Medbroking vandag nog by 021 851-2778 om 'n konsultasie met een van ons ervare personeellede aan te vra. Hoe gouer jy jou mediese dekking vir 2016 afgehandel kry, hoe gouer kan jy ontspan en na 'n wonderlike vakansie aan die einde van die jaar begin uitsien.

Medbroking is 'n lid van die HGG Finansiële Groep

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo