Nuus argief

 

Jou eenstop tegnologie-oplossing

Posted by Administrator (hgg17admin) on Jul 16 2015
Nuus argief >>

HGG Tegnologie Ondersteuning is jou ideale eenstopwinkel vir tegnologie-oplossings – van die ontwikkeling en installering van hoogs tegniese netwerke en databasisse met die gepaardgaande ondersteuning tot die voorsiening van IT-hardeware en rekenaarondersteuning.

"Of jou besigheid nou groot of klein is, ons sal jou tegnologie-oplossings perfek volgens jou spesifieke behoeftes saamstel. Ons volg 'n drieledige benadering: (1) luister na jou en verstaan jou behoeftes; (2) lewer/implementeer die oplossing; en (3) bied deurlopende tegniese ondersteuning," sê Ilse Cilliers, direkteur.

In 'n neutedop, bied HGG Tegnologie Ondersteuning se spesialiste die volgende dienste:

  • Ontwikkeling van IT-netwerke
  • Ontwikkeling en verskaffing van oplossings vir beter bestuur van inligting en databasisse
  • Implementering en optimisering van debietorderstelsels
  • Skep van e-handelfasiliteite
  • Implementering en verskaffing van tegniese oplossings vir die bestuur van kliënteverhoudings
  • Oplossings vir tydsbestuur en boekhouding
  • Ontwikkeling van webwerwe van die begin tot die einde
  • Domeinregistrasies en webwerfgasheerspeel ("hosting")
  • Oplossings vir die rugsteun van inligting
  • Ondersteuning van rekenaarsagteware en -hardeware
  • Verkope van tegnologie-hardeware en -sagteware

"En dit is nie noodwendig al wat ons bied nie. Ons sal seker maak ons voorsien in kliënte se behoeftes, wat ook al nodig is," sê Ilse.

  • HGG Tegnologie Ondersteuning voorsien in die behoeftes van kliënte wat vind dat die toenemende belangrikheid van inligtingstegnologie vir hul besigheid 'n hoë vlak van professionele tegnologiese ondersteuning vereis. Hierdie maatskappy word ondersteun deur die hoog geagte HGG Finansiële Groep, en dus kan kliënte van doeltreffende en betroubare diens verseker wees. Nog 'n voordeel van hierdie verhouding is dat kliënte by ons geïntegreerde diensaanbod baat aangesien al ons divisies saamwerk om jou van optimale oplossings vir jou behoeftes te voorsien.

Vir meer inligting kontak itsupport@hggroep.co.za.

Last changed: Jul 16 2015 at 12:32 PM

Back

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo