Nuus argief

 

Is jy so gesond as wat jy kan wees?

Nuus argief >>

Jou algemene welwees rus op drie sleutelpilare: jou liggaamlike gesondheid, jou fiksheidsvlak en jou dieet.

Soms kan dit moeilik wees om te verseker jy kyk so goed as moontlik na al drie hierdie areas. Dit is hoekom HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, omvattende welweesdae in samewerking met Discovery Vitality en Momentum Health aanbied. Sodoende kan jy op hoogte gehou word van jou welweesstatus, en jou ook die kans bied om welweespunte te verdien.

Die volgende welweesdag word op Vrydag 30 Oktober 2015 van 08:00 tot 16:00 by ons Somerset-Wes-kantoor by Cloetenburg Place, Faganstraat, Somerset-Wes gehou.

Die volgende sal op hierdie welweesdag beskikbaar wees:

  • Discovery Vitality-lede
    • Gesondheidstoets deur 'n gekwalifiseerde verpleegster: gratis een maal per jaar – verdien tot 10 000 punte
    • Fiksheidstoets deur 'n biokinetikus: R250 per persoon vir 'n sessie van 15 minute (kontantbetaling op die dag alleenlik – kan van mediese fonds se spaargedeelte teruggeëis word) – verdien tot 7 500 punte
    • Konsultasie met 'n dieetkundige: R320 per persoon vir 'n sessie van 30 minute (kontantbetaling op die dag alleenlik – kan van mediese fonds se spaargedeelte teruggeëis word) – verdien tot 8 000 punte
  • Momentum Multiply-lede
    • Gesondheidstoets deur 'n gekwalifiseerde verpleegster: R160 (of een maal per jaar gratis by Clicks- of Dischem-klinieke) – verdien tot
      3 000 punte
    • Fiksheidstoets deur 'n biokinetikus: R250 per persoon vir 'n sessie van 30 minute (kontantbetaling op die dag alleenlik – kan van Health Saver/spaargedeelte teruggeëis word) – verdien tot 3 000 punte
    • Konsultasie met 'n dieetkundige: R320 per persoon vir 'n sessie van 30 minute (kontantbetaling op die dag alleenlik – kan van Health Saver/spaargedeelte teruggeëis word) – verdien tot 4 000 punte


"Jou gesondheid is ongetwyfeld jou kosbaarste kommoditeit. Jou toekomstige lewensgehalte en finansiële volhoubaarheid sal die vrugte wees wat jy pluk as jy nou in jou algemene welwees belê," sê HGG Welvaart-direkteur Kenne de Kock. "Gebruik asseblief ons welweesdae om uit te vind wat jou gesondheidstatus is, en maak dan lewenstylveranderinge indien nodig."

Om jou afspraak te maak:
Skakel asseblief vir Stefanie Tolken om jou Discovery Vitality- en Momentum Health-fiksheids- en dieetkonsultasies te bespreek. Stuur 'n e-pos aan stefanie@medbroking.co.za of bel haar by (021) 851-2778 of 082 338 0104.

Onthou om gemaklike oefenklere, sportskoene en 'n handdoekie saam te bring as jy 'n fiksheidsevaluering gaan doen.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo