Nuus argief

 

Hulp vir die vakansie

Nuus argief >>

Hier teen die einde van die jaar is dit tyd vir 'n welverdiende blaaskansie. Só kan HGG Beleggings jou lewe makliker maak sodat jy vinniger met vakansie kan gaan.

  • Moeitevrye geldomskakeling - reg by jou voordeur

    Of jy nou 'n wit Kersfees in Londen of 'n eilandvakansie in die son gaan geniet, HGG Beleggings kan die buitelandse valuta wat jy nodig het, reg by jou voordeur laat aflewer.

    Deur ons verhouding met Investec, bestuur HGG Beleggings buitelandsevaluta-transaksies, en kan verseker dat jy by die beste omskakelingskoers en tydsberekening moontlik baat. Die resultaat? Jy kry meer ponde, dollars, euros of ander valuta vir jou rande.

    Skakel ons vandag nog en spaar jou die moeite - en kosbare tyd - om in 'n ry by 'n buitelandsevaluta-buro te gaan staan om die note en munte te kry wat jy nodig het om jou welverdiende vakansiewegbreek te kan geniet.

    Jy kan verseker wees dat ons volledige reeks risikobestuursdienste vir buitelandse valuta optimale tydsberekening, 'n doeltreffende strategie vir termyndekking en al die nodige regulerende verslagdoening en vereistes in aanmerking neem. Ons uitvoeringsdiens vir wisselkoers-risikobestuurstransaksies word verder deur 'n SWIFT-gebaseerde finansiëleboodskapdiens ondersteun, wat 'n volledige geoutomatiseerde bevestigingspasdiens insluit.
  • Enige iets anders waarmee ons kan help?

    Onthou dat HGG Beleggings ook as 'n private bankier vir Investec Bank dien, wat beteken die opening van elektroniese rekeninge, betalings en onttrekkings vind alles reg hier by ons kantore plaas. Al ons dienste vir Investec Corporate Cash Manager (CCM) sal regdeur die vakansietyd beskikbaar wees. Vir hulp met jou CCM-transaksies, stuur 'n e-pos aan invest@hggroep.co.za of bel Jackie Fourie by 076 767 5151.

Ons wens al ons kliënte 'n produktiewe laaste paar weke van werk toe en 'n heerlike vakansie!

Die HGG-span

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo