Nuus argief

 

Hoe gaan dit met jou gesondheid?

Nuus argief >>

Goeie gesondheid, welwees en welstand behoort drie towerwoorde te wees in elkeen se lewe. HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, wil jou ondersteun hiermee en bied nou saam met Discovery Health Vitality en Momentum Health omvattende welweesdae aan sodat jy op hoogte kan bly van jou welweesstatus en ook welweespunte verdien.

Die volgende welweesdag vind op Vrydag 26 Junie 2015 vanaf 08:30 tot 16:00 by ons Durbanville-kantoor by Heritage Square 10, h/v Vrede- en Gladstonestraat, plaas.

Die volgende sal op hierdie welweesdae beskikbaar wees:

  • Discovery Health Vitality-lede
    • Vitality-gesondheidstoets: gratis (verdien tot 17 000 punte)
    • Fiksheidstoets: R250 per persoon vir ’n halfuur-sessie (betaal met kontant alleenlik op die dag – kan van die beskikbare spaarfondse van die mediese fonds teruggeëis word) (verdien tot 7 500 punte)
    • Konsultasie met ’n dieetkundige: R320 per persoon per halfuur-sessie (betaal met kontant alleenlik op die dag – kan van die beskikbare spaarfondse van die mediese fonds teruggeëis word) (verdien tot 6 000 punte)
  • Momentum Multiply-lede
    • Multiply-gesondheidstoets: R250 (betaal met kontant alleenlik op die dag – kan van die mediese fonds teruggeëis word)
    • Fiksheidstoets: R240 per persoon (betaal met kontant alleenlik op die dag – kan van die beskikbare spaarfondse van die mediese fonds teruggeëis word)

Met hierdie welweestoetse kan jy jou gesondheid en fiksheid monitor en terselfdertyd punte vir jou welweeslojaliteitsprogram verdien.

"HGG Welvaart se visie is om ons kliënte te ondersteun wat hul gesondheid en welstand betref," sê HGG Welvaart-direkteur Kenne de Kock. "En dit is juis waar hierdie welweesdae inpas, want deur gesond te bly, verseker jy jou en jou gesin se langtermyn- finansiële stabiliteit."

Kontak asseblief vir afsprake:

Lo-Andi Visser by 021 979 3900 of ontvangs@hggroep.co.za

Onthou om gemaklike oefenklere, sportskoene en 'n klein handdoekie saam te bring as jy vir 'n fiksheidsevaluering kom.

Ons sien daarna uit om jou te sien!

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo