Nuus argief

 

Hoe gaan dit met jou gesondheid?

Posted by Administrator (hgg17admin) on Mar 02 2015
Nuus argief >>

HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, is verbind tot die welvaart en welstand van ons kliënte. Goeie nuus vir lede van Discovery Health Vitality of Momentum Health is dat dit nou makliker as ooit is om op hoogte te bly van jou welweesstatus en om welweespunte te verdien.

HGG Welvaart bied gereeld omvattende welweesdae aan vir lede van Discovery Health Vitality en Momentum Health. Die volgende twee geleenthede vind op Vrydag 13 Maart 2015 en Vrydag 20 Maart 2015 vanaf 08:30 tot 16:00 by ons kantore by Cloetenburg Place, Faganstraat 10, Somerset-Wes plaas.

Die volgende sal op hierdie welweesdae beskikbaar wees:

  • Discovery Health Vitality-led
    • Vitality-gesondheidstoets: gratis
    • Fiksheidstoets: R250 per persoon (betaal met kontant of kaart op die dag – kan van die mediese fonds teruggeëis word)
    • Konsultasie met 'n dieetkundige: R320 per persoon (betaal met kontant of kaart op die dag – kan van die mediese fonds teruggeëis word)
  • Momentum Multiply-lede
    • Multiply-gesondheidstoets: R250 (betaal met kontant alleenlik op die dag – kan van die mediese fonds teruggeëis word)
    • Fiksheidstoets: R240 per persoon (betaal met kontant of kaart op die dag – kan van die mediese fonds teruggeëis word)

Met hierdie welweestoetse kan jy jou gesondheid en fiksheid monitor en terselfdertyd punte vir jou welweeslojaliteitsprogram verdien.

"Ons welweesdae maak deel uit van HGG Welvaart se visie om ons kliënte te ondersteun wat hul gesondheid en welstand betref," sê HGG Welvaart-direkteur Kenne de Kock. "Jou gesondheid is een van jou belangrikste bates, veral as jy jou gesin se hoofbroodwinner is. Deur gesond te bly, verseker jy jou gesin se langtermyn- finansiële stabiliteit."

Kontak asseblief vir Stefanie Tolken om jou gesondheid- en fiksheidstoetse vir Discovery Health Vitality en Momentum Health te bespreek. Stuur 'n e-pos aan stefanie@medbroking.co.za of bel haar by (021) 851-2778 of 082 338 0104.

Onthou om gemaklike oefenklere, sportskoene en 'n klein handdoekie saam te bring as jy vir 'n fiksheidsevaluering kom.

Ons sien daarna uit om jou vennoot te wees op jou reis na beter gesondheid en fiksheid.

Last changed: Mar 02 2015 at 4:03 PM

Back

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo