Nuus argief

 

HIB wen tweede goue toekenning dié jaar!

Nuus argief >>

Dít wil gedoen wees! Helderberg Insurance Brokers (HIB) het pas sy tweede goue toekenning vir die jaar ontvang vir uitstaande diens en winsgewendheid.

"Ons het nou die Mutual & Federal (M&F) Goue Makelaar-toekenning ontvang in die Small Independent Category: West Coast (wat hul benaming is vir die hele Wes-Kaap streek). Ons is ongelooflik trots dat M&F ons op hierdie manier erkenning gee. Dit is die beloning vir die harde werk van beide die HIB-span en M&F-span om 'n suksesvolle sakevennootskap oor die afgelope paar jaar te bou en te vestig," sê Johan Potgieter, besturende direkteur van HIB, lid van die HGG Finansiële Groep.

"In Junie vanjaar is ons beloon met Santam Boland se Goue Makelaarstoekenning vir uitnemende prestasie. Dít is 'n duidelike bewys daarvan dat HIB werklik onafhanklike advies lewer as beide ons twee grootste sakevennote ons só vereer. Dit spreek ook boekdele oor die profiel van ons kliënte, aangesien die grootste suksesfaktor vir die toekenning die kwaliteit en winsgewendheid van ons kliëntebasis is."

Volgens M&F het HIB die toekenning ontvang danksy uitstaande groei die afgelope jaar en vir die behoud van 'n winsgewende portefeulje oor die afgelope drie jaar. Die toekenning is by 'n spoggeleentheid by Steenberg Estate gemaak.

"Ons wil M&F bedank vir hierdie wonderlike erkenning en ook vir hulle deurlopende ondersteuning en goeie diens aan HIB en ons kliënte. Ons kan nie genoeg dankie sê vir die lojaliteit van ons kliënte en die vertroue wat hulle in ons stel nie. En natuurlik dankie ook aan die HIB-span vir hul harde werk en toewyding tot die sukses van ons besigheid," sê Johan.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo