Nuus

 

HiB: Nuwe kundigheid vir ’n nuwe jaar

Nuus >>

Helderberg Insurance Brokers (HiB) staan gereed vir nog ’n jaar se uitstekende diens- en advieslewering in korttermynversekering. Daar was ’n paar veranderinge aan ons kant, maar ons glo ons nuwe struktuur sal ons in staat stel om in 2019 ’n topgehalte diens aan al ons kliënte te bied.

Leslie Enver het ná 11 jaar getroue diens die HiB-span verlaat om by haar familiebesigheid aan te sluit. Ons wens haar alles van die beste toe en bedank haar vir haar reuse-bydrae tot ons span vir langer as ’n dekade. Haar opvolger in die administratiewe span wat besigheidspolisse hanteer, is Sonja Olivier wat voorheen persoonlike polisse geadministreer het. Ons sien uit na die kundigheid en advies wat sy met ons en ons kliënte sal deel.

Ons nuwe personeellid in die administratiewe span wat persoonlike polisse hanteer, is Claudia Simpson wat 16 jaar ervaring in die versekeringsbedryf het. Ons wens haar hartlik welkom en glo dat sy baie gelukkig by ons sal wees.

Helderberg Insurance Brokers het meer as 50 jaar ervaring in die korttermynversekeringsbedryf. Ná ’n halfeeu kan jy op die HiB-span reken om jou van pasgemaakte versekeringsadvies te voorsien, hetsy vir persoonlike, besigheids- of gespesialiseerde versekeringsbehoeftes.

Wil jy met ons in verbinding tree? Hier is al die nuwe kontakbesonderhede waarvan jy moet weet:

Helderberg Insurance Brokers

Faganstraat 11, Somerset-Wes 7130
021 851 2570

Makelaars:

Johan Potgieter    083 441 9785    johan@hibrokers.co.za

Delanie Schoombie    082 565 5078    delanie@hibrokers.co.za                

Edmund du Plessis    082 333 6751    edmund@hibrokers.co.za

Karen Pnematicatos    082 818 4532    karen@hibrokers.co.za            

Admin: Besigheidspolisse

Valerie Jantjies    valerie@hibrokers.co.za

Sonja Olivier    commercial@hibrokers.co.za               

Admin: Persoonlike Polisse

Suzanne Basson    personal@hibrokers.co.za  

Claudia Simpson    admin@hibrokers.co.za            

Eise

Janine Reed    claims@hibrokers.co.za  

Sunet Venter    sunet@hibrokers.co.za              

PA en Rekeningkunde

Marinda du Plessis    accounts@hibrokers.co.za

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo