Nuus argief

 

HGG Welvaart help jou om jou geld te bestuur

Nuus argief >>

Laat HGG Welvaart jou help om jou buitelandsevaluta-transaksies (FX) en kontantbestuursdienste te bestuur. Ons het die kennis en ervaring om jou geld vir jou te laat werk.

Jackie Fourie, ons FX-spesialis met meer as dertig jaar se ervaring in verskeie finansiële instellings, is aan die stuur van ons span wat klein- en mediumgrootte-ondernemings en individuele kliënte verpersoonlikte FX-bestuursdienste oor al die vernaamste geldeenhede heen bied. Ons bied ook strategieë vir termyndekking, adviesdienste oor valutabeheer en daaglikse FX-markkommentaar.

Ons FX-transaksiespan werk namens ons kliënte om die mededingendste wisselkoers in hierdie snelbewegende en komplekse markplek te verseker. Ons dienste word volgens ons kliënte se behoeftes saamgestel en sluit die volle spektrum FX-produkte in oor al die vernaamste geldeenhede heen, naamlik drukwisselkoers- ("spot"), vooruitdekking- ("forward"), uitruilings- en valuta-opsies. Ons spesialiseer ook in die oorbetaling van fondse vir buitelandse beleggings.

'n Kernaspek van ons FX-aanbieding is ons strategiese alliansie met Investec Bank waarvolgens ons direkte toegang het tot Investec se valutahandelskamer en dus ook tot hoogs mededingende pryse in alle handel, ongeag die waarde.

Jackie sê: "Dit is my passie om in die FX-bedryf te werk en ek glo dit speel 'n groot rol in die kwaliteit werk wat ek lewer. Ek het verskeie FX-kursusse bygewoon, is FAIS-geakkrediteer en het die regulatoriese eksamens geslaag. Danksy my ervaring in en kennis van die bedryf kan ek kliënte adviseer en hulle leiding gee in hul onderskeie FX-transaksies. En ek is mal daaroor om met mense te werk, daarom is uitstekende diens 'n top-prioriteit vir my!"

Benewens hierdie omvattende reeks FX-dienste, lewer ons sommige dienste van 'n private bankier vir Investec Bank, wat beteken die opening van elektroniese rekeninge, betalings en onttrekkings gebeur alles by ons kantore. Ons diensaanbod sluit in daggeldrekeninge, geldfonds-daggeldrekeninge asook vastedepositorekeninge vir 'n tydperk van ses tot 24 maande. Ons hef geen administratiewe fooie of bankkoste nie en kliënte se geld is binne 24 uur beskikbaar.

HGG Welvaart bied jou 'n mededingende en doeltreffende geldbestuur-stelsel wat jou in staat sal stel om jou fondse maklik deur Investec se Corporate Cash Manager te bestuur. Dit is 'n internet-gebaseerde stelsel wat Investec se innoverende aanlynfasiliteit gebruik om HGG Welvaart 'n veilige omgewing te bied waarin ons transaksies namens ons kliënte kan aangaan en beleggings doen.

Vir meer inligting, kontak ons hoogs ervare FX- en Beleggings-divisie by invest@hggroep.co.za of 021 851 2778.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo