Nuus argief

 

HGG Trust sal jou testament gratis opstel of bywerk

Posted by Administrator (hgg17admin) on Sep 07 2015
Nuus argief >>

Nasionale Testamentweek duur van 14 -18 September 2015. Om hierdie week te vier, bied HGG Trust aan om jou testament gratis op te stel. "Ons glo dit is belangrik om langtermyn- finansiële stabiliteit en welstand in die lewens van ons kliënte en hul afhanklikes te skep. Ons bied dus aan om gedurende hierdie week alle eenvoudige testamente – met die uitsondering van dié wat 'n trust behels - gratis op te stel," sê HGG Trust-direkteur Linda van Greuning.

Selfs al het jy 'n bestaande testament, bly dit belangrik om dit op datum en relevant te hou. Enige groot veranderinge in jou lewe – soos 'n huwelik, die geboorte van 'n kind, dood of egskeiding – moet in jou testament weergegee word en jy moet dit laat bywerk om vir die nuwe omstandighede voorsiening te maak. "Ek is bly om te kan byvoeg dat HGG Trust ook die bywerking van eenvoudige testamente gedurende hierdie week gratis sal doen. Ek wil jou aanmoedig om van hierdie geleentheid gebruik te maak om jou dokumente op datum te kry," sê Linda.

HGG Trust is 'n divisie van die gerespekteerde HGG Finansiële Groep. Die divisie se manier van werk is op professionalisme en integriteit geskoei, en personeellede is by die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika (FISA) geregistreer. Benewens die opstel van testamente bied HGG Trust ook die volgende dienste aan:

  • Trusts: die stiging en registrasie van trusts, insluitend alle statutêre nakomings- en administratiewe vereistes.
  • Boedelbereddering: professionele bereddering en afhandeling van jou boedel met respek en so vinnig as moontlik.
  • Boedelbeplanning: assessering van jou boedel se solvensie, en advies oor optimale finansiële strukturering.

Nasionale Testamentweek bied HGG Trust se kliënte ook die geleentheid om seker te maak hul testamente voldoen aan al die geldigheidsvereistes soos deur die Wet op Testamente voorgeskryf. "As jy nie seker is jou testament is geldig nie, moet asseblief nie huiwer om ons te skakel nie. Ons wil jou help om te verseker jou laaste wense word eerbiedig," sê Linda.

Kontak HGG Trust vandag by (021) 851 2778 of e-pos HGG Trust-direkteur Linda van Greuning by linda@hggroep.co.za.

Last changed: Sep 07 2015 at 12:33 PM

Back

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo