Nuus argief

 

HGG bied B-BBEE-advies en -ondersteuning

Nuus argief >>

HGG Finansiële Groep kondig met trots aan die stigting van 'n nuwe divisie, HGG BEEadvised. Hierdie nuwe divisie is die agste in hierdie toekomsgerigte finansiële groep.

HGG BEEadvised sal die maatskappy in staat stel om sy reeks dienste aan ondernemings verder uit te brei. Die divisie is die gevolg van HGG se samewerking met die professionele maatskappy BEEadvised Consulting, 'n ervare en gerespekteerde advies-en-verifikasie-agentskap wat in breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (B-BBEE) spesialiseer en sedert 2009 in bedryf is.

HGG BEEadvised kan maatskappye help om te verseker dat hulle aan die vereistes van die B-BBEE-kodes vir goeie praktyk voldoen deur bestaande nakomingsvlakke te analiseer. Op grond van hierdie analise sal HGG BEEadvised professionele advies bied om jou te help om jou B-BBEE-verifikasiebeoordeling te verbeter - hetsy deur ekonomiese of sosio-ekonomiese ontwikkeling, voorkeurverkryging, werknemerontwikkeling of billike indiensneming.

As deel van die omvattende diensaanbod sal HGG BEEadvised ook die praktiese verifiëring van die B-BBEE-status van die besigheid of maatskappy doen en van 'n geldige BEE verifikasiesertifikaat voorsien.

Vir meer inligting skakel ons by 021 851 2778 of stuur 'n e-pos aan Hennie Uys of Andries Coetsee.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo