Nuus

 

Feesgroete van HGG

Nuus >>

Die HGG Finansiële Groep wens al ons kliënte, kollegas en vriende ’n baie geseënde feesgety toe. Mag jy tyd hê om te ontspan en oor die afgelope jaar terug te dink soos ons die einde van 2018 nader.

“Dit was ’n baie opwindende jaar vir die HGG Finansiële Groep. Ons het ons borgskap van Tyd met Aleit vir ’n derde seisoen hernu, die domein van sportborgskap betree deur twee plaaslike fietsryers se deelname aan volgende jaar se Cape Epic-wedren te borg, en was betrokke by twee baie suksesvolle ForwardFund-gholfdae in Maart en November vanjaar. Deur ons betrokkenheid by ForwardFund kan ons in gemeenskappe belê deur hulle te bemagtig met die vaardighede wat hulle nodig het om vooruit te gaan en tot die Suid-Afrikaanse ekonomie by te dra,” sê Hendrik Gerryts, hoof- uitvoerende beampte.

“Ons is steeds aan die uitbrei om ons voetspoor in die Wes-Kaap te vergroot. Ons is opgewonde oor wat in 2019 voorlê, veral omdat dit ons 21ste verjaardag is. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om julle almal vir jul voortgesette ondersteuning te bedank, en ook vir julle terugvoering oor ons dienste. Ons waardeer regtig julle insette, aangesien dit ons in staat stel om ons dienste en finansiële aanbod voortdurend te verbeter. Ons hou die Suid-Afrikaanse sakelandskap deurgaans dop en pas ons dienste aan om tred te hou met nuwe tendense,” sê Hendrik.

Die HGG Finansiële Groep sien daarna uit om jou nog toekomsgerigte finansiële oplossings in 2019 te bied, maar tot dan wens ons jou ’n baie spesiale tyd saam met jou geliefdes toe in ’n gees van vreugde en vrede.

Feesgroete
Die HGG-span

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo