Feesgroete |
Posted by Administrator (hgg17admin) on Dec 10 2014 |
Die tyd het aangebreek om te rus, te ontspan en 2014 in oënskou te neem. Die afgelope jaar het talle opwindende verwikkelings by die HGG Finansiële Groep opgelewer. Ons het onder meer 'n splinternuwe korporatiewe identiteit ontwikkel om ons dinamiese, uitgebreide portefeulje te weerspieël, wat nou agt divisies en vier kantore in die Wes-Kaap insluit.
Ons wil graag hierdie geleentheid gebruik om jou vir jou lojale ondersteuning te bedank. Ons kliënte bly die hoeksteen van alles wat ons by HGG doen, en ons bly daartoe verbind om in jou behoeftes te voorsien.
Ons kantore sluit op 19 Desember 2014 en heropen op 5 Januarie 2015. Die volgende dienste sal egter steeds gedurende hierdie tyd beskikbaar wees:
Ons wens jou 'n baie geseënde feestyd toe.
Die HGG-span
Last changed: Dec 10 2014 at 8:38 AM
Back