Nuus argief

 

Dit is tyd vir 'n blaaskans

Nuus argief >>

By die HGG Finansiële Groep bly ons getrou aan ons leuse van "toekomsgerigte finansies" en het die afgelope jaar nuwe en innoverende uitdagings aangepak. Ons agt divisies en vier kantore in die Wes-Kaap bied gespesialiseerde dienste aan 'n magdom kliënte, wat wissel van boere tot private beleggers en organisasies sonder winsbejag.

2015 was 'n opwindende en merkwaardige jaar vir die HGG Finansiële Groep, maar dit is nou tyd vir 'n blaaskans voor die nuwe jaar begin.

Ons transaksiedienste is egter regdeur die vakansietyd beskikbaar. Alle Investec-kliënte wat transaksies gedurende die vakansietyd wil doen asook dié kliënte wat internasionale transaksies wil doen, kan gerus 'n e-pos stuur aan invest@hggroep.co.za of vir Jackie Fourie (076 767 5151) of Leonie Geldenhuys (074 887 4662) skakel.

Ons kantore sal tydens die vakansietyd soos volg gesluit wees:

Somerset-Wes-, Durbanville- en Paarl-kantoor

Sluit Vrydag 18 Desember 2015 om 13h00
Heropen Maandag 4 Januarie 2016 om 08h00

 

Clovelly-kantoor

Sluit Dinsdag 15 Desember 2015 om 12h00
Heropen Maandag 11 Januarie 2016 om 08h00
In 'n noodgeval kontak Tina Thiart by 073 207 9079

 

Helderberg Insurance Brokers (HIB)

Sluit Woensdag 23 Desember 2015 om 12h00
Heropen Maandag 4 Januarie 2016 om 08h00
In 'n noodgeval kontak Janine Reed by 084 524 1505

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo