Nuus argief

 

Dis tyd vir rus en besinning

Posted by Administrator (hgg17admin) on Dec 06 2016
Nuus argief >>

2016 was 'n merkwaardige jaar in Suid-Afrika – en die wêreld oor die algemeen. Nietemin kon die HGG Finansiële Groep daarin slaag om tussen die politieke onstuimigheid 'n bestendige en veilige reeks finansiële dienste aan ons gewaardeerde kliënte te verskaf. Ons agt divisies en vier kantore in die Wes-Kaap bied gespesialiseerde raad en kundigheid aan 'n diverse groep kliënte, wisselend van kleinsake-eienaars tot private beleggers en organisasies sonder winsbejag.

Ons is dankbaar vir die talle suksesse en prestasies van 2016, maar dis nou tyd om te rus en besin voordat 'n nuwe jaar begin.

Buitelandsevaluta and Investec bankdienste steeds beskikbaar
Ons transaksiedienste sal regdeur die vakansietyd beskikbaar wees. Alle Investec-kliënte wat gedurende die vakansietyd transaksies wil voer, asook kliënte wat internasionale transaksies wil voer, word versoek om 'n e-pos te stuur aan invest@hggroep.co.za. Tree andersins in verbinding met Jackie Fourie (076 767 5151; jackie@hggroep.co.za) of Leonie Geldenhuys
(062 920 2089; leonie@hggroep.co.za).

Ons sien daarna uit om u te help om in 2017 u finansiële stabiliteit en sukses verder te bou.


Die vakansiesluitingstye van ons onderskeie kantore is soos volg:

Kantore te Somerset-Wes, Durbanville en Paarl

Sluit Woensdag, 21 Desember 2016
Heropen Maandag, 9 Januarie 2017

Helderberg Versekeringsmakelaars (HiB)

Sluit Vrydag, 23 Desember 2016
Heropen Dinsdag, 3 Januarie 2017

Kantoor te Clovelly

Sluit Donderdag, 22 Desember 2016
Heropen Dinsdag, 3 Januarie 2017

Last changed: Dec 06 2016 at 8:48 AM

Back

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo