Nuus argief

 

Die volle finansiële pakket

Nuus argief >>

Die HGG Finansiële Groep is trots daarop om jou gespesialiseerde kundigheid te bied met die magdom aspekte wat met die bestuur van jou eie sakeonderneming en finansies saamhang.

Ons is hier om jou op elke stadium van die sakereis te ondersteun. So kan ons jou help:

  • HGG Professionele Rekenmeesters is jou vennoot in alle rekenkundig-verwante sake. Ons kan jou met finansiële state, belastingbeplanning en die registrasie van nuwe sakeondernemings help, om maar net 'n paar aspekte op te noem.
  • HGG Welvaart spesialiseer in buitelandsevaluta-transaksies, beleggings, lewensversekering en medieseskema-dekking. Skakel ons vir gemoedsrus oor jou finansiële toekoms.
  • HGG Trust is verbind tot die langtermyn-uitvoering van jou wense. Ons kan help met die stigting van trusts, opstel van testamente en die bereddering van jou boedel.
  • HGG NPO Sustainability Solutions besef dat organisasies sonder winsbejag unieke behoeftes het. Ons bied bystand ten opsigte van boekhouding, bemarking, bedryfs- en IT-behoeftes asook op strategiese gebied.
  • HGG BEEadvised voorsien Suid-Afrikaanse maatskappye van 'n assessering van hul nakoming van die kodes van goeie praktyk met betrekking tot breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (B-BBEE) asook advies oor hoe om aan die betrokke wetgewing te voldoen.
  • HGG Tegnologie Ondersteuning is jou staatmaker vir alle IT-verwante aspekte wat met die bedryf van jou sakeonderneming saamhang. Ons bied 'n reeks dienste om jou sakeprosesse meer doeltreffend te maak, insluitend debietorder-optimisering en webgebaseerde bestuursplatforms vir produkverkope.
  • Helderberg Versekeringsmakelaars fokus op individue, sake-eienaars en boere se korttermyn-versekeringsbehoeftes. Ons is trots op ons verpersoonlikte diens en aandag aan kliënte.
  • HGG Konsult verskaf gespesialiseerde dienste op die terrein van sakekonsultering en sakebeplanning. Skakel ons vir hulp met sakeplanne, strategiese insette en besigheidswaardasies.

Die HGG Finansiële Groep het kantore in Somerset-Wes, Durbanville, die Paarl en Clovelly. Anders kan jy ons webwerf by www.hggroep.co.za besoek of ons by (021) 851 2778 skakel.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo