Nuus argief

 

Daar is nog dinge in die lewe wat nie 'n sent kos nie...

Nuus argief >>

Alhoewel iets soos 'n gratis ete nie bestaan nie, beteken dit nie dat daar wel waardevolle dinge is wat jou nie 'n sent sal kos nie. HGG Trust sal gedurende Nasionale Testamentweek (12 tot 16 September 2016) jou testament kosteloos opstel. Ja, dis reg – heeltemal kosteloos en met geen voorwaardes aan verbonde nie.

"Nasionale Testamentweek gee ons die geleentheid om terug te gee aan ons kliënte deur te help sorg dat hulle nalatenskap bewaar bly en daar voldoende voorsiening vir hulle afhanklikes is. Ons sal gedurende hierdie week eenvoudige testamente – behalwe dié wat 'n trust behels – kosteloos opstel," sê HGG Trust direkteur Linda van Greuning.

Het jy reeds 'n testament? Vir jou is daar ook goeie nuus... HGG Trust bied gedurende hierdie week ook gratis bywerkings van eenvoudige testamente. "Gaan jou bestaande testament deeglik na en maak seker dat dit op datum en relevant is. Enige groot veranderinge in jou lewe – soos 'n huwelik, die geboorte van 'n kind, sterfte of egskeiding – moet in jou testament weerspieël word en jy moet dit bywerk om by die nuwe omstandighede aan te pas," noem Linda.

Voldoen jou testament aan wetgewing? Nasionale Testamentweek is ook die ideale geleentheid om te sorg dat jou testament aan al die geldigheidsbepalings van die Wet op Testamente voldoen. "Moenie dat finansiële implikasies jou daarvan weerhou om seker te maak dat jou laaste wense uitgevoer word nie. Tree vandag in verbinding met HGG Trust vir kostelose bystand met jou testament gedurende Nasionale Testamentweek," sluit Linda af.

  • Skakel vandag HGG Trust by (021) 851 2778 of stuur e-pos na HGG Trust direkteur Linda van Greuning by linda@hggroep.co.za om 'n afspraak te maak vir 'n komplimentêre testamentdiens gedurende die week van 12 tot 16 September 2016. Gegewe die individuele aard van elke testament, kan bystand en raad slegs tydens persoonlike samesprekings behoorlik gelewer word.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo