Nuus argief

 

Bring vreugde in 'n kind se lewe hierdie Kersfees

Nuus argief >>

Vanjaar borg ForwardFund vir Huis Van Heerde in Moorreesburg as ons Kersprojek.

Huis Van Heerde bied 'n veilige en liefdevolle tuiste aan 63 kinders tussen die ouderdomme van 1 - 18 jaar. Die tehuis streef daarna om hierdie kinders so gou as moontlik met hul families te herenig.

Ongelukkig beskik die tehuis nie oor genoeg fondse om op lange duur te oorleef nie. HGG Finansiële Groep het dus met ForwardFund kragte saamgespan om Huis Van Heerde te help.

Hoe kan jy help?

Op Vrydag 21 November 2014 gaan ons 'n skoolsakkie vir elke kind pak. Ons kan dit nie doen sonder die ondersteuning van al ons personeel en kliënte nie. As ons saamwerk, sal ons hierdie 63 sakkies maklik volmaak met uiters nodige skoolvoorrade soos potlode, penne, liniale, kryte, gom, ens. Ons wil graag ook 'n paar lekkers in elke sakkie sit om so 'n glimlaggie op die gesiggie van elke kind te sit.

Huis Van Heerde het ook dringend kruideniersware nodig. Help ons asseblief deur nie-bederfbare produkte soos blikkieskos, suiker, pasta, aanmaakkoeldrank, ens. te skenk. As jy eerder 'n geldelike bydrae wil maak, kan jy so maak by www.forwardfund.co.za.

Jou bydrae maak 'n groot verskil. Kom ons werk as 'n span saam om vreugde in hierdie kinders se lewe te bring oor Kerstyd!

Vir nog inligting skakel Liezl de Necker by liezl@hggroep.co.za of 021 870 1038.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo