Nuus argief

 

Belê in goud met HGG Welvaart

Nuus argief >>

HGG Welvaart is trots op sy verbintenis nou met SA Gold Bullion, wat beteken ons kan ons kliënte help om Krugerrande teen die beste pryse te koop, te stoor en te verseker. Jy kan besluit of jy 'n maandelikse bydrae tot jou goudrekening wil maak of 'n eenmalige aankoop van goue Krugerrande wil doen. Klik hier vir die mees onlangse kwartaalverslag wat deur SA Gold Bullion uitgereik is.

Hoekom in goud belê?

Al duisende jare lank 'n noodsaaklike bron van welvaart, is goud 'n baie aantreklike kommoditeit wanneer dit by die verskansing van die rand teen die US-dollar kom. Die rand het die afgelope paar jaar 'n beduidende verswakking teen ander groot geldeenhede beleef. Die prys van goud word egter in dollars bereken, en goud hou sy intrinsieke waarde goed oor die lang termyn. HGG Welvaart beveel juis aan dat tot 10% van jou portefeulje vir langtermynspaar in goud gehou kan word. Kontak HGG Welvaart om uit te vind hoe jy in hierdie waardevolle kommoditeit kan belê. E-pos wealth@hggroep.co.za of bel (021) 870 1038.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo