SETA-geakkrediteerde kursusse

In 2015 is HGG NPO Sustainability Solutions as ‘n dienste-SETA geregistreer ten einde opleiding aan ons omliggende gemeenskappe te kan verskaf. Sedertdien het ons opleiding aan meer as 200 mense verskaf, en kortkursusse vir 800 mense aangebied. In 2019 het die departement hoër onderwys aan HGG NPO Sustainability Solutions formele erkenning as private kollege verleen. Ons mikpunt is om deur ons wye reeks SETA-geakkrediteerde kursusse aan vroue en jongmense toegang tot vaardighede, kennis en hulpbronne te bied.

Ons reeks kursusse, wat insluit eiendomsagent-opleiding, IKT-opleiding, skep van nuwe ondernemings, en kursusse in joernalistiek en film- en televisievervaardiging, word almal deur kundige en passievolle kursusleiers aangebied. Klik hier om meer uit te vind oor die kursusse wat beskikbaar is. Klik hier om ’n e-pos te stuur om meer inligting oor die kursusse aan te vra.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo