Helderberg Insurance Brokers (HiB)

Ongelukke, diefstal, natuurrampe en ander onvoorsiene dinge gebeur – so maak seker jou bates is verseker om jou finansiële gemoedsrus te gee.

Helderberg Insurance Brokers (HiB) is ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP no. 9300) en is daar om jou te help. Ons lewer al sedert 1964 uitstaande persoonlike diens aan ons kliënte. Ons maak seker ons verstaan jou behoeftes en persoonlike omstandighede en gee dan advies oor pasgemaakte versekering.

Ons makelaars en personeellede is uiters kundig met in totaal meer as 230 jaar se gesamentlike ondervinding in die verskeringsbedryf – iets waaruit kliënte beslis kan voordeel trek. Ons bly aan die spits van ontwikkelings in die bedryf asook gepaardgaande wetgewing.

Ons bied produkte en advies in die volgende:

  • Persoonlike versekering
  • Kommersiële verskering
  • Spesialisversekeringsprodukte soos onder meer aanspreeklikheid, lugvaart, kontrakteurs, transito en reisversekering  

Ons makelaars

Johan Potgieter (Direkteur)
 
Delanie Schoombie (Direkteur)
 
Edmund du Plessis (Direkteur)
 
Karen Pnematicatos
 

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo