HGG Welvaart

Jou finansiële welvaart is van uiterste belang – nie net vir jou oudag nie, maar ook vir die hede. Lang- en mediumtermyn finansiële beplanning kan verseker dat jy gereed is vir "eendag", maar ook vir huidige nooduitgawes soos mediese ongevalle, aflegging of dood.

As gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP no. 44905), bied HGG Welvaart 'n volledige portefeulje van finansiële dienste om te verseker alle aspekte van 'n kliënt se finansiële pakket is ondersoek en daarvoor voorsiening gemaak. Hierdie dienste sluit in bestuur van bankrekeninge, buitelandsevaluta-transaksies, beleggings- en lewensversekeringsdienste en gesondheidsorg-versekering.

Lewensversekering en beleggingsdienste

HGG Welvaart lewer omvattende advies oor aftreebeplanning, beleggings en risikobeskerming wat insluit lewens-, ongeskiktheid-, ernstige siektes en inkomstebeskerming-versekering en verseker so doeltreffende langtermyn- finansiële beplanning.

Ons het verhoudings met verskeie plaaslike en internasionale finansiëledienstemaatskappye wat ons in staat stel om goed-beplande en onafhanklike finansiële advies aan jou te bied. Ons het verhoudinge met onder meer Allan Gray, Investec, Discovery, Liberty, PPS, Sanlam en Ou Mutual, wat verseker ons kan toepaslike produkte lewer volgens jou unieke omstandighede en behoeftes.

HGG Welvaart funksioneer onafhanklik en bestuur beleggings, ook pasgemaakte HGG-beleggings, regstreeks met beleggingshuise en versekeringsmaatskappye. Met dekades se saamgestelde ervaring, spesialiseer HGG Welvaart ook in beplanning vóór en ná aftrede en kan kliënte help met plaaslike en internasionale beleggings en portefeuljes.

HGG beleggingsportefeulje:

Om die onlangse resultate te sien van die beleggingsportefeuljes wat deur MitonOptimal vir HGG bestuur word, kliek gerus op die skakels hieronder:
HGG Balanced Reg 28 portfolio
HGG Cautious Income & Growth portfolio
HGG Discretionary Growth portfolio

Bankdienste

HGG Welvaart lewer ‘n reeks spesialis-bankdienste en funksioneer as tussengangers tussen ons kliënte en geselekteerde banke. Ons hanteer korttermynbeleggings namens kliënte wat onder meer insluit aanvraagdeposito’s, 32 dae- kennisgewingdeposito’s en vaste deposito’s tot 12 maande.

HGG Welvaart lewer hierdie dienste teen voorkeurkoerse met die klem op persoonlike kliëntediens en aandag.

Buitelandse valuta

HGG Welvaart maak die proses van verkryging, bestuur, administrasie en uitbetalings van buitelandse valuta eenvoudig. Ons uiters ervare en kundige buitelandsevaluta-span staan reg om jou te ondersteun.

As deel van ons dienste as tussenganger, bied HGG Welvaart buitelandsevaluta-transaksies soos internasionale betalings en ontvangste, die bedinging van kompeterende wisselkoerse, valutabeheeraansoeke, in- en uitvoer permitaansoeke, belastingklarings en die reël van reistoelaes.

Danksy ons kennis en fokus op uitstaande diens en om transaksies so gerieflik as moontlik vir ons kliënte te maak, skakel ons namens jou met onderskeie banke om transaksies af te handel, wat insluit die bedinging van wisselkoerse.

Dit gebeur toenemend dat buitelanders eiendom in Suid-Afrika wil koop. Danksy HGG Welvaart is hierdie nie meer ‘n beslommernis nie – ons hanteer die opening van bankrekeninge asook die gepaardgaande betaaltransaksies. Die teendeel is ook waar: as jy as Suid-Afrikaner ‘n oorsese bankrekening wil oopmaak, is ons daar om jou by te staan.

Gesondheidsorg-versekering

Wat gesondheidsorg-versekering betref, is HGG Welvaart ‘n geakkrediteerde lid van die Raad op Mediese Skemas en fokus daarop om gesondheidsorg so eenvoudig en verstaanbaar as moontlik te maak. Ons verteenwoordig verskeie geakkrediteerde mediesefonds-maatskappye, insluitend Discovery Health, Momentum, Medihelp, Fedhealth, Medshield, Profmed en Bonitas, wat verseker ons bied jou onafhanklike advies oor die beste mediese oplossing vir jou behoeftes.

Ons bied die volgende produkte en dienste aan kliënte: mediesehulpfondse, hospitaalplanne, welstandsprogramme, gapingsdekking (GAP cover), binnelandse en internasionale gesondheidsversekering en mediese versekering.

 

Kliek hier vir ons beleid om kliënte billik te hanteer (TCF).

Kliek hier vir die Konflik van Belange Bestuursbeleid.

Ons span

Direkteure

Hendrik Gerryts
Hoof- uitvoerende beampte
Leras Uys
 
Niek van den Berg
 

Welvaartbestuurders

David Walker
 
Dennis Robertson
 

Buitelandse valuta

Jackie Fourie
 

Bankdienste

Leonie Geldenhuys
 

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo