HGG Trust se fidusiêre praktisyns is lede van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika (FISA), en bied gespesialiseerde trustdienste wat die oprig en registrasie van inter vivos-trusts, die opstel van testamente, boedelbeplanning en boedelbereddering insluit.
Wanneer HGG Trust optree as die onverbonde trustee van ‘n inter vivos-trust, werk ons saam met die ander trustees om te sorg vir statutêre nakoming en die relevante administratiewe bestuur van ‘n trust.
Ons glo ‘n testament is een van die belangrikste dokumente wat jy ooit sal onderteken. ‘n Goed-beplande en -bestuurde testament spaar jou afhanklikes baie tyd en trane. Só is dit belangrik dat jou testament aan al die geldigheidsvereistes ingevolge die Wet op Testamente voldoen. HGG Trust is spesialiste op hierdie gebied – gesels met ons.
Wat betref boedelbeplanning en -bereddering, is dit van wesenlike belang om te beplan dat jou boedel voldoende kontant het om in jou behoeftes te voorsien. En HGG Trust kan ook help om jou boedel te administreer en te beredder om te sorg dat dit so spoedig as moontlik afgehandel word.
Moet jy ‘n nuwe onderneming registreer? HGG Trust hanteer die registrasie van trusts en maatskappye en doen wysigings aan beslote korporasies, asook die opstel van vennootskaps- en aandeelhouersooreenkomste.
Ons direkteure
Hendrik Gerryts
Hoof- uitvoerende beampte
Hendrik Gerryts
Hendrik (BRek (US), BCompt (Unisa, PA(SA)) is die stigter van die HGG Finansiële Groep. Hy speel al sedert 1990 'n groot rol in die finansiële bedryf en danksy sy ervaring en kennis, kon hy in 1998 die HGG Finansiële Groep op die been bring. As hoof- uitvoerende beampte van die Groep, is hy verantwoordelik vir kliënteverhoudinge en die lewering van 'n verskeidenheid dienste aan 'n immer groeiende kliëntebasis.
Linda is al die afgelope 25 jaar betrokke in die finansiële bedryf waar sy baie ervaring opgedoen het oor trusts, testamente, boedelbereddering en administrasie. Sy het in 2009 hierdie kennis na HGG Finansiële Groep gebring. Volgens haar is uitstekende diens die kern van alles wat sy doen.
Elsa (BA Regte, tans LLB) werk al sedert 1985 in die regsbedryf en het in 2016 by die HGG Finansiële Groep aangesluit. Sy fokus op die bereddering van boedels, opstel van testamente en die stigting en administrasie van trusts. Sy werk ook nou saam met kliënte in die opstel van kontrakte.
Valma het in Julie 2016 by HGG Trust aangesluit. Sy werk al 30 jaar in die boedel- en trust-omgewing. By HGG Trust fokus sy hoofsaaklik op die bereddering van boedels en ook trustadministrasie.