Beoog jy om ‘n onderneming te begin of wil jy net weer bevestig dat jy op die regte pad is? HGG Konsult is kenners op alle gebiede van ondernemingsbestuur, waardasies, sakeplanne of die koop en verkoop van bates. Ons kan jou ondersteun met befondsing vir die uitbreiding en/of aankoop van bates en kapitaaluitbreiding vir bedryfskapitaal.
Ons is ook betrokke by die koop en verkoop van ondernemings en die toepaslike bemarking daarvan.
Ons is veral trots daarop dat ons verstaan hoe ondernemings funksioneer; ons verstaan die ekonomiese klimaat en – veral – die druk waaronder ondernemings moet funksioneer. Ons samel daarom ‘n magdom inligting oor jou onderneming en jou sakeomgewing in en lewer dán advies. Ons glo daaraan om die spreekwoordelike "vennoot" te word in jou onderneming.
HGG Konsult bied ook aan individue dienste soos die lewering van voorskotte op bestaande lenings, verdere lenings op bestaande verbande, boulenings en die vooraf-goedkeuring van residensiële verbande.
Ons direkteure
Hendrik Gerryts
Hoof- uitvoerende beampte
Hendrik Gerryts
Hendrik (BRek (US), BCompt (Unisa, PA(SA)) is die stigter van die HGG Finansiële Groep. Hy speel al sedert 1990 'n groot rol in die finansiële bedryf en danksy sy ervaring en kennis, kon hy in 1998 die HGG Finansiële Groep op die been bring. As hoof- uitvoerende beampte van die Groep, is hy verantwoordelik vir kliënteverhoudinge en die lewering van 'n verskeidenheid dienste aan 'n immer groeiende kliëntebasis.
Casper (BA Hons (UPE), Nagraadse Diploma in Projekbestuur (USB)) werk sedert 2014 by die HGG Finansiële Groep. Hy het reeds 17 jaar se ervaring in die finansiële diensteomgewing opgedoen. Casper fokus op die saamstel van besigheidsplanne, doen besigheidswaardasies, strategiese beplanning, projekbeplanning en ook strategiese B-BBEE konsultasies.