Nuus argief

 
Vrede en voorspoed word jou toegewens

Die HGG Finansiële Groep wens al ons kliënte, kollegas en vriende ’n baie geseënde feestyd toe. Mag dit ’n spesiale tyd van rus, besinning en ontspanning vir almal wees.

Skryf dit neer: HGG Gholfdag – 17 Maart

As gholf jou gelukkig maak, trek jou nuwe 2020-dagboek nader en hou Dinsdag, 17 Maart 2020 oop. Dit is wanneer die 2020 HGG Gholfdag op die pragtige setperk van die Arabella-landgoed plaasvind.

Pottie se gedenkdiens

Johan (Pottie) Potgieter, in lewe besturende direkteur van Helderberg Insurance Brokers (HiB), se gedenkdiens vind plaas op Dinsdag 3 Desember om 12:00 by die Helderberg NG Gemeente in Somerset-Wes, met verversings in die tent na afloop van die diens.

Ons groet vir Pottie

Dit is met baie groot hartseer dat ons jou moet meedeel dat Johan (Pottie) Potgieter, besturende direkteur van Helderberg Insurance Brokers (HiB), vroeg vanoggend oorlede is.

Pottie het sedert Julie vanjaar ’n stryd met kanker gevoer. 

Spaar nou sodat hulle ’n blink toekoms kan hê

Die beste belegging wat jy ooit sal maak, is die geld wat jy vir jou kinders se opvoeding wegsit. HGG Welvaart deel hul kundigheid oor hoe om vanuit die staanspoor vir opvoeding te spaar.

Ons maak die koopproses maklik

Staan jy gereed om ’n nuwe eiendom te koop? Gesels met HGG Finansiële Groep om die rompslomp van die aansoek om ’n verbandlening namens jou te hanteer.

“Ons funksioneer as die middelman tussen die kliënt en ses banke – Absa, FNB, Standard Bank, Nedbank, Investec en RMB – om die beste lening teen die beste koers te beding.

FX-kenners hier vir jou

Met HGG Welvaart is buitelandsevalutatransaksies maklik en doeltreffend.

Jy hoef nie met die rompslomp verbonde aan buitelandse beleggings of reis opgesaal te sit nie. HGG Welvaart vereenvoudig al die prosesse wat met buitelandsevaluta(FX-)transaksies gepaard gaan.

HGG se wonderlike gapingsdekkingaanbod

Ons wil hê jy moet eerste hoor van HGG se opwindende gapingsdekkingsveldtog … 

As jy tussen 1 Oktober en 1 Desember 2019 gapingsdekking deur HGG Welvaart uitneem, sal daar geen algemene wagtydperk van drie maande geld nie.

Dit is weer tyd vir afslaan!

Volgende maand is dit weer tyd vir die HGG Finansiële Groep se jaarlikse gholfdag – skryf nou in sodat jy dit nie misloop nie.

Die HGG Finansiële Groep se gholfdag ten bate van ForwardFund is net om die draai! Hierdie gewilde gholfdag vind Donderdag 21 November 2019 by die Clovelly-buiteklub plaas.

Versekering is ’n reddingsboei wanneer natuurrampe plaasvind

Namate natuurrampe toeneem, neem die belang van versekering ook toe, sê die span by Helderberg Insurance Brokers (HiB).

Natuurrampe en klimaatsverandering maak dit nou absoluut noodsaaklik vir individue en besighede om voldoende versekeringsdekking te hê.

Jóú testament ... jóú laaste wense

Om sonder ’n testament te sterf, laat jou sonder enige sê in wat jou wense vir jou boedel en jou afhanklikes moet wees. Sorg dat jy self oor hierdie dinge besluit en dat jou finale wense eerbiedig word.

Is jou NPO op datum?

Het jy die nodige jaarlikse papierwerk vir jou NPO ingedien? Indien nie, maak seker dat jy dit sonder versuim doen. HGG NPO Sustainability Solutions kan jou met hierdie belangrike taak help.

Ingevolge artikel 18(1)(a) van die Wet op Organisasies sonder Winsbejag (NPO) moet elke geregistreerde NPO ’n verslag van sy aktiwiteite opstel en dit binne nege maande na die einde van sy boekjaar tesame met sy finansiële state en die rekenpligtige beampte se verslag indien.

Begin vandag spaar

Spaargeld is nie ’n luukse nie, dis broodnodig. HGG Welvaart verduidelik waarom dit so belangrik is om te spaar en hoe om spaar ’n finansiële gewoonte te maak.

Suid-Afrikaners vaar nie baie goed as dit by spaar kom nie. Trouens, syfers vir die eerste kwartaal van 2019 dui aan dat Suid-Afrikaners ’n sorgwekkende -0,1% van BBP spaar (Statistieke SA). Eenvoudig gestel, vir elke R100 wat ons verdien, spandeer ons R100,10.

Ons maak gereed om te vier...

Die 21-jaar-mylpaal lê net om die draai vir die HGG Finansiële Groep.

By HGG tel ons die dae af tot Augustus 2019, want dis wanneer ons 21 jaar oud word. “Ek is ongelooflik opgewonde om die mylpaal van 21 jaar te bereik. Dit getuig van baie mense se harde werk en toewyding.

Merk belasting af op jou lysie

Maak vanjaar die jaar wat jy jou belastingopgawe lank vooruit indien, met behulp van HGG Professionele Rekenmeesters.

Dis die middel van die jaar en dit beteken dis tyd om jou belastingopgawe vir die 2018/2019-belastingjaar in te dien.

Verstaan hoe kapitaalwinsbelasting werk

HGG Professionele Rekenmeesters kom agter die kap van die byl van kapitaalwinsbelasting.

Kapitaalwinsbelasting (KWB) is iets waarvan jy waarskynlik baie hoor as dit begrotingstyd is, maar andersins nie juis nie, tensy jy ’n bate verkoop. Wat is dit eintlik en hoe werk dit?

Trek voordeel uit jou belegging

HGG Finansiële Groep verduidelik hoe jy belasting- en B-BBEE-voordele kan eis as jy in ontluikende Suid-Afrikaanse besighede belê.

Klein en mediumgrootte besighede in Suid-Afrika sukkel gewoonlik om die belegging te lok wat vir uitbreiding benodig word.

Ons vier ’n onvergeetlike Maart

HGG Finansiële Groep deel nuus oor die Cape Epic en gholfgebeure van die afgelope maand.

Maart was ’n merkwaardige maand by HGG Finansiële Groep met die borgskap van twee groot sportgeleenthede.

Tyd met Aleit is terug!

Maak gereed vir seisoen vier van Tyd met Aleit, die gewilde vermaaklikheidsprogram geborg deur HGG Finansiële Groep. Die eerste episode van hierdie seisoen word vanaf vanaand 3 April vir die volgende dertien weke uitgesaai.

HiB 4 jaar in 'n ry vereer!

Dis vier in 'n ry vir Helderberg Insurance Brokers (HiB)! HiB het verlede week weereens Santam se Diamant-toekenning vir die beste makelary in Santam se Boland-streek ontvang.

Net die ding vir buitelandse belegging

HGG Welvaart bied jou die gemak om deur middel van ’n Buitelandse Belastingklaringsertifikaat in buitelandse fondse te belê.

HiB: Nuwe kundigheid vir ’n nuwe jaar

Helderberg Insurance Brokers (HiB) staan gereed vir nog ’n jaar se uitstekende diens- en advieslewering in korttermynversekering. Daar was ’n paar veranderinge aan ons kant, maar ons glo ons nuwe struktuur sal ons in staat stel om in 2019 ’n topgehalte diens aan al ons kliënte te bied.

Jou gids tot die 2019-begroting

HGG Finansiële Groep vertel jou meer oor Woensdag se begrotingsrede.

’n Gesonde leefwyse in 2019

’n Mens kan nie ’n waarde op goeie gesondheid plaas nie. Dis waarom welstand en ’n gesonde leefwyse vir ons almal prioriteite moet wees. In hierdie gees is die HGG Finansiële Groep trots om hierdie jaar by ’n aantal sportgebeure betrokke te wees.

Belê vandag en betaal minder belasting

Betaal minder belasting en kry meer geld vir jou aftrede – dis ’n wen-wen-situasie. HGG Welvaart verduidelik die voordele daaraan verbonde om voor 28 Februarie in ’n uittree-annuïteit te belê.

Hallo 2019!

HGG Finansiële Groep sien daarna uit om jou te help om jou vir ’n baie voorspoedige jaar vorentoe gereed te kry.

Die HGG Finansiële Groep is slaggereed vir al die geleenthede en uitdagings wat 2019 kan inhou. Die jaar 2019 is veral opwindend aangesien dit die Groep se 21ste verjaarsdag beteken.

Feesgroete van HGG

Die HGG Finansiële Groep wens al ons kliënte, kollegas en vriende ’n baie geseënde feesgety toe. Mag jy tyd hê om te ontspan en oor die afgelope jaar terug te dink soos ons die einde van 2018 nader.

2018 staan nou vinnig einde se kant toe

Die HGG Finansiële Groep bedank al ons kliënte vir jul voortgesette ondersteuning gedurende 2018. Dit was ’n jaar van wonderlike groei en innovasie op vele fronte, maar die tyd het aangebreek om ’n ruskansie te vat.

Jou kind se opvoeding is die beste belegging

’n Gesonde beleggingstrategie kan verseker dat jou kinders se opvoeding gedek is – van primêre skool tot op tersiêre vlak. HGG Welvaart het waardevolle advies.

’n Goeie opvoeding gee jou kinders ’n onbetwisbare voordeel in die toekoms.

 

Leer die HGG Welvaart-span beter ken

HGG Welvaart baat by die kundigheid en ervaring van ’n span welvaartbestuurders. In die vorige nuusbrief het ons gekyk na die konsep van welvaart en waarom welvaartbeplanning belangrik is. In hierdie uitgawe vra ons die mense agter HGG Welvaart om ons meer oor hulself te vertel en hoekom hulle dit geniet om te doen wat hulle doen.

HGG NPO deel van twee nuwe sentrums wat opleiding aan gemeenskappe verskaf

HGG NPO Sustainability Solutions is ‘n SETA-geakrediteerde opleidingsverskaffer wat sedert 2015 reeds aan meer as 200 leerders opleiding verskaf en kortkursusse aan meer as 800 mense aangebied het.

Vir ’n gesonde 2019 – verander of nie?

HGG Welvaart bied raad oor hoe om die beste mediese hulp vir die nuwe jaar te kies.

Netwerk op die setperk

Het jy gehoor? ForwardFund se vyfde jaarlikse gholfdag word op Donderdag 22 November 2018 by die Clovelly-buiteklub gehou. Hier teen die einde van die jaar het ’n mens ’n blaaskans nodig – wat beter as ’n dag se verlof vir ’n goeie saak?

Ons doen iets nuuts …

Dit is met groot opgewondenheid dat die HGG Finansiële Groep kan aankondig dat ons oor die volgende paar maande ’n paar leefstyl- en sportinisiatiewe gaan borg. 

Tyd met Aleit is terug op openbare aandrang

Suid-Afrikaners is mal oor Tyd met Aleit en dit is hoekom die HGG Finansiële Groep opgewonde is om te kan aankondig dat ons ons borgskap vir die derde seisoen van hierdie gewilde leefstylprogram hernu het.

Jongste nuus oor B-BBEE waarvan jy moet weet

Die Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, het in Desember 2017 wysigings aan die B-BBEE-kodes vir die konstruksie-, landbou- en finansiële sektor aangekondig. Hier is ’n bondige oorsig van ’n paar van die jongste verwikkelinge verskaf deur HGG BEEadvised:

Viering van fantastiese vrouens in Vrouemaand

HGG NPO Sustainability Solutions salueer hierdie maand al Suid-Afrika se wonderlike vrouens.

Sluit by HGG NPO Sustainability Solutions aan vir ’n baie spesiale Vrouemaand-werkswinkel getiteld “I Am Enough” in die Kunstekaap-teater.

Begin jy jou eie besigheid? Wat jy moet weet ...

Dit kan baie lonend wees om ’n nuwe besigheid te begin, maar daar kan ook in die eerste paar jaar moontlike slaggate wees. Casper Marais, direkteur van HGG Konsult, deel sy wenke oor hoe om ’n nuwe besigheid met sukses te begin en te sorg dat dit in die jare vorentoe floreer.

Bankdienste geskik vir jou behoeftes

Geniet ’n hele reeks voordele wanneer HGG Welvaart as jou private bankier optree.

Banktransaksies hoef nie ’n beslommernis te wees, en lang toue en onbeantwoorde e-posse te beteken nie.

Doen nou iets vir ’n ontspanne aftrede

Die ervare span by HGG Welvaart kan jou help om te verseker jou toekoms is finansieel gesond.

Hou jou rekord skoon deur alle belastingopgawes in te dien

HGG Professionele Rekenmeesters stel sy kliënte in kennis dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ’n nuwe inisiatief saam met die nasionale vervolgingsgesag (NVG) aangepak het waarvolgens belastingbetalers wat versuim om belasting- en BTW-opgawes in te dien, vervolg sal word. 

Staatmakeradvies op ’n splinternuwe plek

Helderberg Insurance Brokers (HiB) het ’n nuwe tuiste. Ná ons trek in Maart vanjaar is ons nou behoorlik gevestig en wil jou welkom heet by ons splinternuwe perseel in Faganstraat 11, Somerset-Wes.

Laer rentekoerse bied beleggingsgeleenthede

HGG Welvaart gee advies oor hoe jy nou jou geld behoort aan te wend.

Die SA Reserwebank (SARB) se monetêre beleidskomitee (MPC) het in Maart vanjaar aangekondig dat hy besluit het om rentekoerse met 25 basispunte, oftewel 0,25%, te verlaag.

ForwardFund Academy open deure vir vaardigheidsontwikkeling

ForwardFund Academy open amptelik op Dinsdag 10 April 2018 sy deure. Geleë in die Solaris Kantoorpark in Kommetjieweg, Sunny Acres, skop die Akademie af met ’n opwindende eenjaarkursus in film- en televisiestudie in vennootskap met Bryony Roughton, eienaar van SAY ME (South African Youth Media Education).

Hoe die nuwe BTW jou en jou onderneming raak

Soos jy waarskynlik weet, het die minister van finansies met sy nasionale begrotingsrede op 21 Februarie 2018 ’n verhoging in die koers vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) aangekondig. 

Nuwe tuiste vir HiB

Ons trek, maar net ’n hanetree ver … Ons nuwe, moderne kantore is net oor die pad by Faganstraat 11, Somerset-Wes.

Jou gids tot die 2018-begroting

Minister van Finansies Malusi Gigaba het sy nasionale begrotingsrede op 21 Februarie begin deur dit as ’n “moeilike, maar bemoedigende begroting” te beskryf.

Opwinding op die setperk

Daar is geen beter manier om Dinsdag 20 Maart 2018 deur te bring as by die ForwardFund-gholfdag nie. Stel jou vir ‘n oomblik voor jy is op die pragtige setperke van die Arabella-gholflandgoed – en skryf dan in.

'n Trotse borg vir plaaslike uitnemendheid

Die HGG Finansiële Groep kondig met trots aan dat ons ons borgskap van die uiters gewilde TV-reeks Tyd met Aleit vir die tweede seisoen hernu het.

Kom ons praat oor belasting

Welkom by 2018. Dit is ’n splinternuwe jaar, wat beteken ’n nuwe belastingjaar lê ook voor die deur. HGG Professionele Rekenmeesters gaan gou saam met jou deur die vernaamste belastingvereistes vir 2018 wat jou kan raak:

Wense vir ’n geseënde feestyd

Hartlike feesgroete van die HGG Finansiële Groep aan al ons kliënte, kollegas en vriende. Ons hoop jy kan hierdie feestyd ‘n ruskansie kry en ‘n baie geseënde tyd saam met jou familie deurbring.

Tyd vir ’n ruskans

Met 2017 wat nou einde se kant toe staan, is ons ongelooflik dankbaar vir al ons kliënte en kollegas se lojale ondersteuning.

Ons bankdienste brei wesenlik uit

Ons het opwindende nuus vir diegene wat op soek is na finansiële dienste van wêreldklas: HGG Welvaart het sy reeks produkte in bankdienste en buitelandse valuta uitgebrei.

HGG-kliënte spaar met MedicAlert®

Ons het opwindende nuus vir HGG Finansiële Groep se kliënte: Sluit in November 2017 by MedicAlert® aan en jy spaar die registrasiegeld van R181.  

Belangrike bywerking van wetgewing oor lenings aan trusts

Voorgestelde wetgewing wat die belastingbehandeling raak van lenings wat aan trusts gemaak is, gaan waarskynlik aansienlike implikasies vir jou boedelplanning inhou, veral as daar ’n trust ter sprake is. Lees hier oor wat jy moet weet van die wysigings wat voorgestel word vir artikel 7C van die Inkomstebelastingwet.

Kies jou mediese dekking vir 2018

Dit is nou die tyd van die jaar om jou mediese dekking vir 2018 in oënskou te neem. Tussen 1 November en middel Desember vanjaar kry jy die kans om jou mediese dekking vir die volgende jaar aan te pas.

Jou kolhou kan behoeftiges help

Die ForwardFund Jaarlikse Gholfdag is ’n kans om te spog met jou vernuf op ’n pragtige gholfbaan terwyl jy terselfdertyd bydra tot die behoeftes van vooraf goedgekeurde organisasies sonder winsbejag.

Datum: Donderdag, 16 November 2017
Tyd: Eerste afslaan om 11:00
Plek: Clovelly-buiteklub, Clovelly

Belê vir jou toekoms

Om in jou toekoms te belê, is nie onderhandelbaar nie. "Moenie die fout maak om aan te neem jou pensioenfonds gaan in al jou aftreebehoeftes voorsien nie – dit is noodsaaklik om ook deur middel van ander beleggingsmiddele vir jouself voorsiening te maak," is HGG Welvaart-direkteur Niek van den Berg se raad.

Ter viering van vroue met inspirasie

ForwardFund nooi jou na sy inspirerende Vrouedag-tee by die Lourensford-mark Saterdag 12 Augustus 2017. "Hierdie geleentheid het 'n hoogtepunt op die ForwardFund-kalender geraak want dit stel ons in staat om die werk van sommige van ons buitengewoon talentvolle vroulike entrepreneurs te vertoon," sê ForwardFund-direkteur Tina Thiart.

Verseker jou eiendom!

Miljarde rande se skade is aangerig aan eiendomme tydens die onlangse Knysna-brande. Hoe moet jy sorg jou eiendom is voldoende verseker in die geval van só 'n ramp?

"Brand is 'n standaardversekerde gevaar in enige polis wat bates verseker. Die meeste gebouversekeringspolisse dek ook addisionele kostes soos brandbluskostes, puinverwyderingskostes, slopingskostes, professionele fooie en ook tydelike alternatiewe verblyfskostes," sê Johan Potgieter, direkteur van Helderberg Insurance Broker (HiB).

Dit is tyd vir jou inkomstebelastingopgawe

Die 2017-inkomstebelastingseisoen vir individue het op 1 Julie 2017 geopen. Die betrokke aanslagjaar loop van 1 Maart 2016 – 28 Februarie 2017. Gedurende die inkomste-
belastingseisoen moet jy jou inkomstebelastingopgawe (ITR12) indien sodat die inkomstebelasting met die belasting-aftrekbare uitgawes vir die aanslagjaar gerekonsilieer kan word.

Hoe raak nuwe wysigingswet jou besigheid?

HGG Finansiële Groep bring jou op hoogte van die Wysigingswet op die Finansiële Intelligensiesentrum en wat dit vir jou as sake-eienaar inhou.

Waarom is daar 'n Wysigingswet op die Finansiële Intelligensiesentrum?

Suid-Afrika is lid van die FATF (finansiële-aksie-taakspan), 'n internasionale organisasie wat ten doel het om finansiële misdaad te voorkom. Suid-Afrikaanse finansiële instellings is voorheen deur die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum van 2001 gereguleer.

HiB is weer die beste in die Boland!

Helderberg Insurance Brokers (HiB) het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die louere weggestap by die Santam-makelaarstoekenningsfunksie. By die toonaangewende funksie in Junie vanjaar het HiB die Diamant-toekenning vir die beste makelary in Santam se Boland-streek ontvang.

Jou gids tot B-BBEE deur HGG BEEadvised

'n Bywerking van die Kodes van Goeie Praktyk vir breëbasis swart ekonomiese bemagtiging (B-BBEE) het op 1 Mei 2015 in werking getree. Die wysiging van die kodes het 'n aansienlike uitwerking op die B-BBEE-nakomingsvlakke van Suid-Afrikaanse maatskappye gehad.

Uitstaande diens is kernbelangrik

Uitstaande diens is vir HGG Welvaart as gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP no. 44905) kernbelangrik. Daarom werk ons welvaartbestuurders saam met jou om jou toekomstige finansiële behoeftes te ontleed en die beste moontlike pasgemaakte advies te lewer.

Beplan vooruit vir gemoedsrus

Die huidige finansiële landskap in Suid-Afrika kan maklik aanleiding gee tot onsekerheid. Die land se onlangse afgradering tot rommelstatus deur twee internasionale graderings-agentskappe, die depresiasie van die rand en stygende inflasie is alles 'n bron van kommer. Die goeie nuus is dat gesonde finansiële beplanning altyd sal help om jou finansiële sekuriteit te beskerm en jou langtermyn-welvaart te verseker.

Ligte, kamera, aksie...

Die HGG Finansiële Groep het 2017 op 'n baie opwindende noot afgeskop. Ons het nie net 'n splinternuwe webwerf waarmee ons kan spog nie, maar is ook die trotse borg van Tyd met Aleit, 'n opwindende nuwe TV-reeks wat vanaf April op kykNET uitgesaai word.

Tyd met Aleit word vanaf 5 April elke Woensdag om 17:30 op kykNET (kanaal 144) uitgesaai. In dié program besoek Aleit Swanepoel, welbekende geleentheidsguru en stigter van die Aleit Groep, 'n paar Suid-Afrikaanse persoonlikhede aan huis en wys hulle hoe om pragtige tafeldekor te skep, terwyl hy hulle terselfdertyd 'n uitdaging in die vorm van 'n verrassingsmandjie gee.

Neem standpunt in teen misbruik

Die HGG Finansiële Groep is trots op sy verbintenis met die jaarlikse geleentheid 1000 Women 1 Voice in Kaapstad. Ons nooi jou om by ons aan te sluit vir middagete op 11 Mei 2017 om standpunt in te neem teen geweld wat teen vroue en kinders gemik is.

Kry 'n billike aandeel

'n Aandeelhouersooreenkoms is 'n noodsaaklike dokument vir enige maatskappy wat aandele uitreik. HGG Konsult kan jou help om hierdie belangrike dokument op te stel en ook te verduidelik wat die doel daarvan is.

Wat 2017 se begroting vir jou beteken

Die minister van finansies, Pravin Gordhan, se begrotingsrede vir 2017/2018 is 'n duidelike bewys van die finansiële uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar. Maar terwyl hoërinkomsteverdieners min vertroosting uit die begroting sal kan put, sal internasionale graderingsagentskappe waarskynlik in die tussentyd daardeur gepaai word. Gordhan se aandrang op die handhawing van finansiële dissipline en inkorting van staatskuld (wat nou meer as 50% van die BBP beloop) het 'n sterk boodskap oor die nasionale tesourie se finansiële integriteit uitgestuur.

Versekeringsrisiko's en jou verantwoordelikheid

Helderberg Insurance Brokers (HiB) beveel aan dat jy jou versekeringsdekking in stand hou deur jou versekeraar te laat weet van wesenlike veranderinge in risiko.

Om te verseker dat jou versekeringsdekking te alle tye geldig is, moet jy jou versekeraar inlig wanneer jou vlak van risiko verander. Om die waarheid te sê, die versekeringsmaatskappy is daarop geregtig om jou hele polis ongeldig te verklaar as jy:

Belasting in 'n neutedop

Hier is wat jy moet weet om in 2017 op hoogte van jou belastingvereistes te bly.

Belastingsperdatum – nie juis 'n inspirerende woord nie... Die goeie nuus is dat HGG Professionele Rekenmeesters hier is om hulp te verleen. Moet asseblief nie huiwer om ons te skakel vir raad of hulp met enige van die ondergemelde belastings nie.

Dit gaan 'n goeie jaar wees...

Die HGG Finansiële Groep is opgewonde oor die talle geleenthede wat in 2017 voorlê. Of jy nou 'n kleinsake-eienaar, 'n entrepreneur, 'n ontluikende magnaat of 'n dinamiese organisasie sonder winsbejag is, ons doeltreffende en bekwame personeel en direkteure sal na al jou sakebehoeftes kan omsien. Hier is hoe ons agt divisies jou sakebedrywighede op die voorpunt kan hou:

Dis tyd vir rus en besinning

2016 was 'n merkwaardige jaar in Suid-Afrika – en die wêreld oor die algemeen. Nietemin kon die HGG Finansiële Groep daarin slaag om tussen die politieke onstuimigheid 'n bestendige en veilige reeks finansiële dienste aan ons gewaardeerde kliënte te verskaf. Ons agt divisies en vier kantore in die Wes-Kaap bied gespesialiseerde raad en kundigheid aan 'n diverse groep kliënte, wisselend van kleinsake-eienaars tot private beleggers en organisasies sonder winsbejag.

Daar is nog dinge in die lewe wat nie 'n sent kos nie...

Alhoewel iets soos 'n gratis ete nie bestaan nie, beteken dit nie dat daar wel waardevolle dinge is wat jou nie 'n sent sal kos nie. HGG Trust sal gedurende Nasionale Testamentweek (12 tot 16 September 2016) jou testament kosteloos opstel. Ja, dis reg – heeltemal kosteloos en met geen voorwaardes aan verbonde nie.

Dit is tyd vir jou inkomstebelastingopgawe

Die 2016-inkomstebelastingseisoen vir individue het op Vrydag 1 Julie 2016 geopen. Die betrokke aanslagjaar loop van 1 Maart 2015 – 29 Februarie 2016. Gedurende die inkomstebelastingseisoen moet jy jou inkomstebelastingopgawe (ITR12) indien sodat die inkomstebelasting met die belasting-aftrekbare uitgawes vir die aanslagjaar gerekonsilieer kan word. Dit is belangrik om dit te doen aangesien die netto resultaat dalk selfs 'n belastingterugbetaling kan wees.

Gesondheid en fiksheid op jou voorstoep in Durbanville

Jou gesondheid en fiksheid is twee van jou waardevolste bates. Om voldoende aandag aan albei te gee behoort 'n belangrike deel van jou langtermyn- finansiële en leefstylbeplanning uit te maak.

Sluit aan by HGG se dinamiese span

Die HGG Finansiële Groep brei voortdurend uit en ons soek nou talentvolle nuwe spanlede wat by ons wil aansluit. Ons het die volgende werksgeleenthede by ons kantore in Somerset-Wes en die Paarl.

So kan jy op elektrisiteit en belasting bespaar

Het jy geweet sonkrag kan help met 'n besparing op jou belastingrekening? HGG Professionele Rekenmeesters verduidelik die nuwe bepalings van die Wysigingswet op Belastingwette.

Vakature beskikbaar: Ervare finansiële beplanner

Pos: Ervare finansiële beplanner
Plek: Somerset-Wes-/Stellenbosch-/Paarl-tak
Tipe pos: Permanent
Vergoeding: Vergoedingspakket wat toonaangewend in die mark is

Woon ons welstandsdae by!

'n Nuwe jaar is die perfekte tyd om met 'n skoon lei te begin.

SAIPA- rekeningkundige klerk: HGG Paarl

Die HGG Finansiële Groep het die volgende poste by ons kantoor in die Paarl beskikbaar:

’n Trotse verskaffer van professionele eiendomsopleiding

Is jy ’n geregistreerde intern of agent met volle status wat by die Raad op Eiendomsagentskapsake geregistreer is?

Is jou versekering brandbestand?

Januarie en Februarie is die warmste en droogste maande van die jaar in die Wes-Kaap, met wegholbrande 'n groot kopseer. Ons bevind ons op die oomblik reg in die middel van die brandseisoen, met brande wat kort-kort op die berge, plase en woongebiede rondom ons uitbreek.

Hou tred met jou belasting in 2016

Die nuwe kalenderjaar het dalk nou net begin, maar die uurglas is vinnig besig om uit te loop vir die huidige belastingjaar.

Sluit aan by ons dinamiese span

Is jy gemotiveerd, toegewyd en passievol oor die finansiële wêreld? Hoekom neem jy nie jou loopbaan na die volgende vlak in 2016 nie? Die HGG Finansiële Groep het die volgende poste by ons kantoor in Somerset-Wes beskikbaar:

'n Geseënde feesgety van die HGG Finansiële Groep

Die HGG Finansiële Groep wens al ons kliënte en hul gesinne 'n baie geseënde feesgety toe.

Dit is tyd vir 'n blaaskans

By die HGG Finansiële Groep bly ons getrou aan ons leuse van "toekomsgerigte finansies" en het die afgelope jaar nuwe en innoverende uitdagings aangepak.

Laat die papierwerk aan ons oor

'n Groot deel daarvan om 'n mens se eie onderneming te hê, beteken die invul van 'n nimmereindigende stroom papierwerk, wat verskeie verslae, vorms en handleidings insluit. Die sperdatum vir die indiening van twee van hierdie items – PAIA-handleidings en EE-verslae – lê voor die deur.

Op pad oorsee vir die vakansie?

Maak 'n punt daarvan om vandag nog vir HGG Beleggings te kontak.

Maak die regte besluit vir jou gesondheid in 2016

Voorsien jou mediese fonds nie in jou behoeftes nie? Medbroking kan jou help om 'n fonds vir 2016 te vind wat jou perfek pas.

Is jy so gesond as wat jy kan wees?

Jou algemene welwees rus op drie sleutelpilare: jou liggaamlike gesondheid, jou fiksheidsvlak en jou dieet.

HIB wen tweede goue toekenning dié jaar!

Dít wil gedoen wees! Helderberg Insurance Brokers (HIB) het pas sy tweede goue toekenning vir die jaar ontvang vir uitstaande diens en winsgewendheid.

Slaan af vir 'n goeie saak

Bespreek nou vir ForwardFund se jaarlikse gholfdag op 20 November 2015 by die Clovelly-buiteklub. Ons sien daarna uit om op die setperke die dag met jou deur te bring deur ons gholfstokke vir 'n goeie saak te swaai.

HGG Trust sal jou testament gratis opstel of bywerk

Nasionale Testamentweek duur van 14 -18 September 2015. Om hierdie week te vier, bied HGG Trust aan om jou testament gratis op te stel.

Belê in goud met HGG Welvaart

HGG Welvaart is trots op sy verbintenis nou met SA Gold Bullion, wat beteken ons kan ons kliënte help om Krugerrande teen die beste pryse te koop, te stoor en te verseker. 

HGG Durbanville nou in groter, beter kantore

Dit is drie weke later, en ons bly opgewonde oor ons trek na ons nuwe Durbanville-kantoor!

Kom deel en leer by HGG se Vrouedag-inisiatiewe

Die HGG Finansiële Groep is met trots - via die ForwardFund Trust - betrokke by die Women Investment Network (WIN), 'n inisiatief vir die stigting van voortgesette vennootskappe tussen vroueleiers in besigheid en maatskaplike-ondernemingsgroepe.

Jou eenstop tegnologie-oplossing

HGG Tegnologie Ondersteuning is jou ideale eenstopwinkel vir tegnologie-oplossings – van die ontwikkeling en installering van hoogs tegniese netwerke en databasisse met die gepaardgaande ondersteuning tot die voorsiening van IT-hardeware en rekenaarondersteuning.

HIB wen prestigetoekenning

Helderberg Insurance Brokers (HIB), 'n divisie van die HGG Finansiële Groep, is die trotse wenners van Santam Boland se Goue Makelaarstoekenning vir uitnemende prestasie vir 2014.

Belê vandag in 'n belastingvrye spaarrekening

Ons is bly om aan te kondig dat Investec se belastingvrye spaarrekening (BVSR = TFSA) nou ook vir HGG Invest-kliënte beskikbaar is. Moenie wag nie – trek voordeel uit hierdie belastingdoeltreffende manier waarop jy jou beleggings kan bestuur.

Vertrou ons met jou planne

Wil jy 'n nuwe onderneming begin, jou bestaande een uitbrei of wil jy net die huidige stand van jou sake bevestig?

Ongelooflike geleenthede wag by HGG

Ons finansiële maatskappy groei vinnig, en ons is op soek na wonderlike nuwe mense wat by ons span kan aansluit.

Hoe gaan dit met jou gesondheid?

Goeie gesondheid, welwees en welstand behoort drie towerwoorde te wees in elkeen se lewe. HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, wil jou ondersteun hiermee en bied nou saam met Discovery Health Vitality en Momentum Health omvattende welweesdae aan sodat jy op hoogte kan bly van jou welweesstatus en ook welweespunte verdien.

BEURTKRAG: Só raak dit jou versekering

Beurtkrag is hier om te bly. Maar hoe raak dit jou korttermynversekering? Is jy gedek vir diefstal of elektroniese skade terwyl die krag af is? Helderberg Insurance Brokers (HIB) gee antwoorde op hierdie vrae.

Sien om na jou gesondheid

Wêreldgesondheidsdag word oral ter wêreld op 7 April gevier. Hoewel die fokus vanjaar op voedselveiligheid val, is dit ook die perfekte dag om jouself daaraan te herinner om na jou eie gesondheid en welstand om te sien.

Kry jou B-BBEE-sertifikate in orde

Laat HGG BEEadvised jou help om jou B-BBEE-sertifikate te kry voor die nuwe, strenger vereistes in werking tree.

Hoe gaan dit met jou gesondheid?

HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, is verbind tot die welvaart en welstand van ons kliënte. Goeie nuus vir lede van Discovery Health Vitality of Momentum Health is dat dit nou makliker as ooit is om op hoogte te bly van jou welweesstatus en om welweespunte te verdien.

Hoe die begroting jou sak gaan raak

Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, se nuwelingstoespraak het gemengde reaksie ontlok. Hoewel die tariefverhogings vir persoonlike inkomstebelasting minder aggressief is as wat gevrees is, voel baie ontleders die regering het nie genoeg stappe gedoen om sy eie besteding aan bande te lê nie.

Ons het vakatures!

Wil jy by ons dinamiese finansiële groep aansluit? Ons het poste beskikbaar by die volgende kantore:

Die volle finansiële pakket

Die HGG Finansiële Groep is trots daarop om jou gespesialiseerde kundigheid te bied met die magdom aspekte wat met die bestuur van jou eie sakeonderneming en finansies saamhang.

Dankie Petro!

Petro Hartman vier vanjaar haar vyftiende jaar by HGG Finansiële Groep. Die onskatbare bydrae wat sy tot die sukses van die besigheid gelewer het, blyk duidelik uit die lojale verhoudings wat sy met haar kliënte opgebou het en die hoë standaarde wat sy altyd handhaaf.

Ons bied die volle pakket

Op soek na iemand wat jou met jou belasting- of ander rekeningkundige dienste kan help? Praat met HGG Professionele Rekenmeesters. Ons bied 'n wye reeks belasting- en rekeningkundige dienste aan individue en sakeondernemings.

Feesgroete

Die tyd het aangebreek om te rus, te ontspan en 2014 in oënskou te neem. Die afgelope jaar het talle opwindende verwikkelings by die HGG Finansiële Groep opgelewer. Ons het onder meer 'n splinternuwe korporatiewe identiteit ontwikkel om ons dinamiese, uitgebreide portefeulje te weerspieël, wat nou agt divisies en vier kantore in die Wes-Kaap insluit.

Hulp vir die vakansie

Hier teen die einde van die jaar is dit tyd vir 'n welverdiende blaaskansie. Só kan HGG Beleggings jou lewe makliker maak sodat jy vinniger met vakansie kan gaan.

Bring vreugde in 'n kind se lewe hierdie Kersfees

Vanjaar borg ForwardFund vir Huis Van Heerde in Moorreesburg as ons Kersprojek.

Wees slim met jou mediese beplanning

Behoorlike beplanning is noodsaaklik vir jou gesondheidsorg-behoeftes, maar 'n mens kan so maklik deur die geweldige verskeidenheid mediesefonds- en ander gesondheidsorg-opsies daarbuite oorweldig raak.

Ons groet Johan Schoeman

Dit is met groot leedwese dat die personeel van die HGG Finansiële Groep die afsterwe van Johan Schoeman, direkteur by HGG Professionele Rekenmeesters Schoeman Gerryts in Durbanville, aankondig.

Maak 'n afspraak met jou gesondheid!

HGG Welvaart, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, maak dit vir lede van Discovery Health en Momentum Multiply makliker om hul gesondheidstatus te evalueer, welweespunte te verdien en so hul welweesstatusvlakke te verhoog.

Finding ways to make NPOs sustainable (Artikel net in Engels beskikbaar)

Tina Thiart, director of HGG NPO Sustainability Solutions, shares her views on NPO development and entrepreneurship.

Raising funds for a new South Africa (Artikel net in Engels beskikbaar)

Tina Thiart, director of HGG NPO Sustainability Solutions, shares her views on fundraising in South Africa.

Optimaliseer jou aftree-spaargeld deur in 'n indeksfonds te belê

Watter persentasie van jou aftree-spaargeld bestee jy aan administrasie- en makelaarsfooie? HGG Welvaart bied jou nou die geleentheid om jou fooie aansienlik te verminder wanneer jy vir jou aftrede spaar.

Veilige, gerieflike debietordermeganisme vordelig vir jou onderneming

Op soek na 'n veilige en gerieflike aanlyn-debietorderstelsel om moeitevrye transaksies te verseker? HGG Tegnologie Ondersteuning het die oplossing.

HGG Welvaart help jou om jou geld te bestuur

Laat HGG Welvaart jou help om jou buitelandsevaluta-transaksies (FX) en kontantbestuursdienste te bestuur. Ons het die kennis en ervaring om jou geld vir jou te laat werk.

Ons voorsien in NPO's se besondere behoeftes

HGG NPO Sustainability Solutions beskik oor al die ervaring en kennis wat nodig is om organisasies sonder winsbejag (NPO's) van 'n gespesialiseerde reeks finansiële, ontwikkelings- en tegnologiese dienste te voorsien.

HGG bied B-BBEE-advies en -ondersteuning

HGG Finansiële Groep kondig met trots aan die stigting van 'n nuwe divisie, HGG BEEadvised. Hierdie nuwe divisie is die agste in hierdie toekomsgerigte finansiële groep.

Trust verwelkom nuwe direkteur

Met amper 30 jaar se praktiese ondervinding in die trustbedryf is dit net gepas dat Linda van Greuning nou as direkteur van HGG Trust aangestel is.

Die HG Groep glo in superdoeltreffende diens en advies aan ons kliënte.

Ons het dus nou 'n kantoor in die Paarl, met direkteur Leras Uys aan die stuur. Leras sal kliënte egter steeds bedien waar dit hulle ook al pas.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo