Nuus

 
’n Nuwe hoofstuk by HiB

Die vroeë afsterwe van Johan Potgieter aan die einde van verlede jaar was ’n groot verlies vir Helderberg Insurance Brokers (HiB). Die visie van die nuwe bestuurspan is om voort te bou op die nalatenskap wat Johan geskep het – deur integriteit, waardes, voortreflikheid en kliëntediens eerste te stel. 

Vra vóór 29 Februarie oor jou UA se belastingvoordele

Jy het destyds die wysheid aan die dag gelê om deur middel van 'n uittree-annuïteit (UA) vir jou aftrede te spaar.

Geld vir jou aftrede is egter nie al voordeel wat 'n UA inhou nie. Dit kan jou ook help om minder belasting te betaal omdat dié spaarmedium spesifiek ontwerp is om spaar vir aftrede aan te moedig

2020: ’n nuwe jaar, ’n nuwe begin

Daar is 'n aanhaling van Arthur Ashe wat soos volg lui: “Begin daar waar jy nou is. Gebruik wat jy het. Doen wat jy kan.”

Dit geld vir jou persoonlike finansies sowel as vir die vooruitsigte vir jou onderneming, praktyk, kleinsakeonderneming of niewinsgerigte onderneming (NPO). Alles begin met waar jy jou nou bevind en die keuses wat jy ten opsigte van jou toekoms maak.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo