HGG Finansiële Groep: Toekomsgerigte finansiële denke

Hetsy professionele rekeningkundige dienste, welvaartbeplanning, korttermynversekering of trustdienste – HGG Finansiële Groep is gerat om na al jou finansiële behoeftes om te sien.

Ons bied ‘n geïntegreerde diens, waar al agt ons divisies saamwerk om jou werklik volledige advies te gee, wat beteken jy baat by die kundigheid van ‘n span wat die groter prentjie verstaan wanneer dit by die bestuur van jou finansiële sake kom.

Uitstaande diens, hoë gehalte werk en persoonlike verhoudinge is deel van ons DNS. Wees verseker dat ons reeks dienste versigtig uitgesoek is om in ons kliënte se huidige en toekomstige finansiële behoeftes te voorsien.

Hendrik Gerryts, hoof- uitvoerende beampte, het die HGG Finansiële Groep in 1998 gestig met die oog daarop om ‘n breë reeks finansiële dienste aan ondernemings en individue te lewer. Dít beteken ons vier vanjaar met groot opwinding ons 21ste bestaansjaar! Die maatskappy het met rasse skrede gegroei tot die suksesvolle onderneming wat dit vandag is. Ons het vier kantore, naamlik in Somerset-Wes, Paarl, Durbanville en Vishoek vanwaar spesiaal gekeurde personeellede ons dienste lewer.

Inhoud en ontwerp deur ICSC | Terug na bo