Nuus

 

Wense vir ’n geseënde feestyd

Nuus >>

Hartlike feesgroete van die HGG Finansiële Groep aan al ons kliënte, kollegas en vriende. Ons hoop jy kan hierdie feestyd ‘n ruskansie kry en ‘n baie geseënde tyd saam met jou familie deurbring.

Die afgelope jaar het talle hoogtepunte gehad, soos die bekendstelling van ’n reeks nuwe bankdienste asook opwindende beleggingsvennootskappe en borgskappe. Niks hiervan sou egter moontlik gewees het sonder ons kliënte se volgehoue lojale ondersteuning nie. Baie dankie dat jy jou finansiële welstand en welvaart aan ons toevertrou – dit is ’n verantwoordelikheid wat ons met die uiterste sorg en toewyding benader.

Ons sien daarna uit om jou in 2018 van finansiële kundigheid en advies te voorsien maar wens jou in die tussentyd vrede, vreugde en liefde toe soos die jaar einde se kant toe staan.

Feesgroete

Die HGG-span