Nuus argief

 

Wees slim met jou mediese beplanning

Nuus argief >>

Behoorlike beplanning is noodsaaklik vir jou gesondheidsorg-behoeftes, maar 'n mens kan so maklik deur die geweldige verskeidenheid mediesefonds- en ander gesondheidsorg-opsies daarbuite oorweldig raak. Medbroking, 'n lid van die HGG Finansiële Groep, se konsultante is daar om te verseker daar word voldoende na jou gesondheidsorg- en finansiële behoeftes omgesien. Ons kan jou adviseer oor die sleutelaanwysers om in aanmerking te neem by die keuse van 'n mediese fonds, asook hoe gapingsdekking ("GAP cover") jou kan beskerm teen situasies waar jou mediese fonds tekort skiet. Moenie huiwer om ons vir ondersteuning of advies te skakel nie.

Sleutelaanwysers by die keuse van 'n mediese fonds

Dit kan baie moeilik wees om die regte mediese fonds te kies as jy nie seker is watter faktore jy in aanmerking moet neem nie. Hou die volgende vier kernaspekte in gedagte wanneer daar op 'n mediese fonds besluit word:

  • Solvensieverhouding verwys na die persentasie ledegelde wat in reserwe gehou word ten einde lede se eise te kan uitbetaal. Die Wet op Mediese Skemas vereis dat alle mediese fondse in Suid-Afrika 'n solvensieverhouding van minstens 25% moet handhaaf.
  • Globale kredietwaardigheid is 'n internasionale assesseringstelsel wat 'n onafhanklike assessering van die mediese fonds se finansiële sterkte en sekuriteit verskaf.
  • Gemiddelde begunstigde-ouderdom is die gemiddelde ouderdom van die lede van die fonds. Dit is belangrik, want hoe ouer die lede is, hoe meer eise sal waarskynlik ingedien word, wat die risiko verhoog dat die mediese fonds nie betalings sal kan doen nie.
  • Pensioenaris-verhouding is die persentasie lede wat ouer as 65 is. Pensioenarisse is geneig om meer van hul mediese fondse te eis, en dus is dit wys om 'n fonds te kies wat 'n relatief lae pensioenaris-verhouding het.

Skakel Medbroking by (021) 851 2778 of info@medbroking.co.za vir nog inligting oor hierdie aanwysers, asook hulp met die keuse van die beste mediese fonds vir jou gesondheidsorg-behoeftes.

Wat is gapingsdekking ("GAP cover")?

Gapingsdekking is bykomende gesondheidsorg-versekering wat die gaping dek tussen die werklike bedrag van jou mediese uitgawes en die bedrag wat jou mediese fonds uitbetaal. Baie spesialiste vra tot vier keer die tarief wat die mediese fondse betaal, wat beteken gapingsdekking is noodsaaklik sodat jy die finansiële tekort kan dek wanneer jy 'n eis indien. Sekere vorme van gapingsdekking sal ook bykomende uitgawes dek, soos X-strale en die trek van verstandtande. Medbroking kan jou met 'n gapingsdekking-opsie help wat die beste in jou behoeftes sal voorsien. Skakel ons vir advies by (021) 851 2778 of info@medbroking.co.za.

Het jy al jou gesondheidsorgdekking vir 2015 hernieu?

Die hernuwing van mediesefondsdekking vir 2015 begin op 1 November 2014. Moenie huiwer om Medbroking by (021) 851 2778 of info@medbroking.co.za te skakel vir advies en hulp met enige veranderinge wat jy wil aanbring nie.

Nuus vanuit ons kantoor

Die Medbroking-span groei steeds sodat ons ons kliënte van uitstekende gesondheidsorg-diens kan voorsien. Ons het Cara Howard onlangs as ons nuwe finansiële konsultant in ons midde verwelkom. Cara het 'n Nasionale Diploma in Biomediese Tegnologie en Gesondheidsorg aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie verwerf en bring 'n magdom ervaring saam met haar vanweë haar meer as drie jaar as 'n konsultant by Discovery Gesondheidsorg.

Medbroking is 'n lid van die HGG Finansiële Groep