Nuus

 

Wat 2017 se begroting vir jou beteken

Nuus >>

Die minister van finansies, Pravin Gordhan, se begrotingsrede vir 2017/2018 is 'n duidelike bewys van die finansiële uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar. Maar terwyl hoërinkomsteverdieners min vertroosting uit die begroting sal kan put, sal internasionale graderingsagentskappe waarskynlik in die tussentyd daardeur gepaai word. Gordhan se aandrang op die handhawing van finansiële dissipline en inkorting van staatskuld (wat nou meer as 50% van die BBP beloop) het 'n sterk boodskap oor die nasionale tesourie se finansiële integriteit uitgestuur.

Hier is 'n oorsig oor hoe vanjaar se begroting jou raak:

Persoonlike inkomstebelasting

Een van die grootste verrassings in vanjaar se begroting is die skep van 'n nuwe "superkategorie" vir betalers van persoonlike belasting wat meer as R1,5 miljoen per jaar verdien. Hierdie belastingbetalers gaan voortaan teen 45% belas word (opwaarts aangepas vanaf die vorige 41%).

Al die ander belastingkategorieë is effens aangepas om vir die verskuiwing van belastingkerwe voorsiening te maak, maar die verhogings is veel minder toegeeflik as in vorige jare.

INCOME TAX: INDIVIDUALS AND TRUSTS

Tax rates for the period from 1 March 2017 to February 2018

Individuals and special trusts

Taxable income (R)

Rate of Tax (R)

R0 - R189 880

18% of taxable income

R189 881 - R296 540

R34 178 + 26% of the amount above R189 880

R296 541 - R410 460

R61 910 + 31% of the amount above R296 540

R410 461 - R555 600

R97 225 + 36% of the amount above R410 460

R555 601 - R708 310

R149 475 + 39% of the amount above R555 600

R708 311 - R1 500 000

R209 032 + 41% of the amount above R708 310

R1 500 001 and above

R533 625 + 45% of the amount above R1 500 000

Trusts other than special trusts

Rate of Tax 45%

Tax Rebates and Tax Thresholds

Rebates

Primary

R13 635

Secondary (Persons 65 and older)

R7 479

Tertiary (Persons 75 and older)

R2 493

 

Age

Below age 65

R75 750

Age 65 to below 75

R117 300

Age 75 and over

R131 150

Die primêrebelastingkorting is marginaal van R13 500 tot R13 650 gelig, terwyl kortings vir diegene ouer as 65 (R21 114) en ouer as 75 (R23 607) ook beskeie verhogings toon.

Die belastingkrediete vir jaarlikse bydraes tot mediese fondse is ook effens verhoog tot R3 636 per persoon vir die eerste twee lede (opwaarts aangepas vanaf R3 432) en R2 448 per persoon vir elke bykomende lid (vanaf R2 304).

Belasting op besighede

Maatskappybelasting bly onveranderd op 28% en dieselfde geld vir omsetbelasting (van toepassing op mikrobesighede met 'n omset van nie meer as R1 miljoen per jaar nie).

Gordhan het egter 'n effense vermindering in die belastingkoerse van toepassing op kleinsakekorporasies in die twee boonste kategorieë aangekondig.

INCOME TAX: SMALL BUSINESS CORPORATIONS

Financial years ending on any date between 1 April 2017 and 31 March 2018

Taxable income (R)

Rate of Tax (R)

R0 - R75 750

0% of taxable income

R75 751 - R365 000

7% of taxable income above R75 750

R365 001 - R550 000

R20 248 + 21% of taxable income above R365 000

R550 001 and above

R59 098 + 28% of taxable income above R550 000

Hereregte

Gordhan het 'n bietjie verligting aangekondig vir huiskopers in die laeinkomstekategorieë deur die drumpel vir hereregte tot R900 000 te verhoog. Dit beteken huiskopers is nou vrygestel van die betaling van hereregte as die koopprys nie meer as R900 000 is nie (opwaarts aangepas vanaf R750 000 in die vorige begroting).

Trusts

Die belasting op trusts (buiten spesiale trusts) het oor die afgelope twee belastingjare aansienlik toegeneem van 41% tot 45% vir die belastingjaar van 1 Maart 2017 tot 28 Februarie 2018.

Belastingvrye spaarvergunning

Die nasionale tesourie se voortgesette verbintenis tot die vestiging van 'n kultuur van spaar het 'n hupstootjie gekry in die vorm van 'n verhoging in belastingvrye spaar van R30 000 tot R33 000 per jaar.

Terughoudingsbelasting op dividende

Daar is egter minder positiewe nuus vir aandeelhouers met die aankondiging dat terughoudingsbelasting op dividende van 15% tot 20% styg. Hierdie styging tree onmiddellik in werking, met 22 Februarie 2017 die aanvangsdatum.

Belasting op brandstof

'n Styging van 30c per liter in die brandstofheffing en 9c per liter in die padongelukkefonds-heffing beteken dat elke liter brandstof jou in die toekoms 39c meer uit die sak gaan jaag.

Sondebelasting

Die sogenaamde "sondebelastings" op tabak en alkoholprodukte is dikwels die teiken om ekstra inkomste te in, en vanjaar was geen uitsondering nie. Die aksynsregte op hierdie produkte is met tussen 6% en 10% verhoog. In randterme beteken dit rokers gaan R1,06 meer vir 'n pakkie van 20 sigarette betaal terwyl vonkelwyn met 70c per bottel styg, wyn met 26c per bottel, bier en sider met 12c per 330 ml en spiritualieë met R4,43 per 750 ml bottel.

Onveranderd vanjaar

Kapitaalwinsbelasting, boedelbelasting, BTW en belasting op geskenke bly onveranderd.

Ons is hier om te help

Kontak ons om uit te vind hoe die nuwe begroting jou in die jaar wat voorlê, gaan raak. Die HGG Finansiële Groep is daartoe verbind om al ons kliënte te help om aan hul belastingvereistes te voldoen en tegelykertyd vooruit te beplan vir langtermyn- finansiële stabiliteit.