Nuus

 

Vir ’n gesonde 2019 – verander of nie?

Nuus >>

HGG Welvaart bied raad oor hoe om die beste mediese hulp vir die nuwe jaar te kies.

November is amper hier en dit beteken dis tyd om oor die optimale mediese dekking vir jou behoeftes in 2019 te besluit. “Jy kan tussen 1 November en middel-Desember vanjaar veranderinge aan jou mediese dekking vir volgende jaar aanbring,” sê Niek van den Berg, direkteur van HGG Welvaart.

Het jou behoeftes in die afgelope jaar verander? Is daar enige nuwe gesondheids- of chroniese toestande of kinders in jou gesin wat 21 word? “HGG Welvaart is hier om enige moontlike navrae oor jou mediese dekking vir 2019 te hanteer.”

Volgens Niek moet feitlik alle mediesesorgplanne ’n aanpasbare produk vir gapingdekking daaraan gekoppel hê. “Kontak ons om ’n afspraak te maak en ons sal die voordele van die verskillende opsies verduidelik, en jou ook laat weet hoeveel elke opsie jou in die nuwe jaar sal kos,” sluit Niek af.

Enige vrae?
Kontak vandag HGG Welvaart by ons kantore in Somerset-Wes (021) 851 2778 of Durbanville (021) 979 3900 om ’n konsultasie met een van ons ervare welvaartbestuurders te reël.