Nuus

 

Viering van fantastiese vrouens in Vrouemaand

Nuus >>

HGG NPO Sustainability Solutions salueer hierdie maand al Suid-Afrika se wonderlike vrouens.

Sluit by HGG NPO Sustainability Solutions aan vir ’n baie spesiale Vrouemaand-werkswinkel getiteld “I Am Enough” in die Kunstekaap-teater. ’n Verskeidenheid onderwerpe sal deur ’n lys inspirerende vroue aangebied en gefasiliteer word. Alle aspekte van vrouewelstand word aangeraak, insluitende emosionele, geestelike, liggaamlike, finansiële en maatskaplike welstand. Jy sal die geleentheid hê om by ons WIN vroue-entrepreneurs se pragtige stalletjies rond te loer, en gaan getrakteer word op vermaak, ’n geskenksakkie en ’n kans om met opwindende pryse weg te loop.

“Ons is uiters trots daarop om deel van hierdie inspirerende vrouegeleentheid te kan wees. Dit onderstreep ons verbintenis tot die bemagtiging en instaatstelling van plaaslike vroulike entrepreneurs,” sê HGG NPO Sustainability Solutions direkteur Tina Thiart. Die fasiliteerders en sprekers by die geleentheid sluit in Penny de Villiers, Lindi van Andrie, Rouchelle Liedemann, Caroline Peters en Tina Thiart.  

Besonderhede vir jou dagboek:

Datum: Woensdag 8 Augustus 2018
Tyd: 10:00 – 15:00
Koste: R150 pp, insluitende ‘n ligte middagete
Plek: The Chandelier Room, Kunstekaap-teater, Kaapstad
Kontak en besprekings: npo@hggroep.co.za, 071 776 4851

Kyk asseblief na die geleentheid op Facebook om op hoogte te bly en meer oor die sprekers te wete te kom. https://www.facebook.com/events/1473614032738396/

 

Gee bietjie hand

HGG NPO Sustainability Solutions help ook met die Vrouedag “Humanity Walk” en is op soek na vrywilligers om as beamptes op te tree. Help asseblief as jy kan.

Datum: Donderdag 9 Augustus 2018
Tyd: 08:30
Plek: Begin by die Schotschekloof-burgersentrum, Yusuf-rylaan (Bo-Waalstraat) in die Bo-Kaap en eindig by die Kunstekaap.

Vir verdere besonderhede, kontak Zolani Dumo by 021 782 8816 of stuur ’n e-pos aan npo@hggroep.co.za.