Nuus argief

 

Vertrou ons met jou planne

Nuus argief >>

Wil jy 'n nuwe onderneming begin, jou bestaande een uitbrei of wil jy net die huidige stand van jou sake bevestig?

HGG Konsult, 'n divisie van HGG Finansiële Groep, kan jou hiermee ondersteun – en nog vele meer.

"Ons bied 'n wye verskeidenheid van dienste aan sake-ondernemings. Ons verstaan hoe ondernemings funksioneer, ons verstaan die ekonomiese klimaat en ook die druk waaronder ondernemings moet werk. Daarom samel ons 'n magdom inligting in oor elke onderneming waarmee ons werk sodat ons die omgewing presies verstaan. En dan begin ons met die saamstel van sakeplanne, doen waardasies en help met sakebeplanning, wat ookal nodig is. Ons glo daaraan om 'deel te word' van die onderneming met wie ons werk. Dít is waarom ons met goeie resultate kan spog," sê Niek van den Berg, bestuurder van HGG Konsult.

In 'n neutedop bied HGG Konsult die volgende dienste aan ondernemings:

  • Sake-advies
  • Sakeplanne
  • Waardasies van ondernemings
  • Befondsing vir die uitbreiding en/of aankoop van bates
  • Kapitaaluitbreiding vir werkskapitaal

HGG Konsult lewer egter ook aan individue dienste soos die lewering van voorskotte op bestaande lenings, verdere lenings op bestaande verbande, boulenings en die vooraf-goedkeuring van residensiële verbande.

"Ons is baie opgewonde oor dít wat ons jou kan bied en hoe ons saam met jou kan groei!" sê Niek.

Skakel Niek by 021 851 2778 of niek@hggroep.co.za