Nuus argief

 

Veilige, gerieflike debietordermeganisme vordelig vir jou onderneming

Nuus argief >>

Op soek na 'n veilige en gerieflike aanlyn-debietorderstelsel om moeitevrye transaksies te verseker? HGG Tegnologie Ondersteuning het die oplossing.

Ons pasgemaakte debietorder-optimaliseringsmeganisme verseker doeltreffendheid en 'n veilige omgewing waarin transaksies gedoen kan word. Ons gespesialiseerde sekuriteitverifikasiestelsel sal jou gemoedsrus gee, en boonop is ons transaksiekoerse laer as die gemiddelde koerse in die bedryf.

Die debietordermeganisme sal volgens jou behoeftes ontwikkel word en op jou bestaande aanlyn-webkoppelvlak gebaseer word. En ons kan, indien nodig, 'n splinternuwe webkoppelvlak ontwikkel vir die doeltreffende gebruik van die aanlyn-debietorder-funksionaliteit.

Ons debietorder-prysstruktuur is as volg:

HGG Tegnologie Ondersteuning: Debietorder-prysstruktuur
Dienste BTW ingesluit (R)
Tweedag-debietorder
Suksesvolle transaksie
Onbetaald
2,00
2,50
Nie-gewaarmerkte vroeë debietorder (NAEDO)
Suksesvolle transaksie
Onsuksesvolle transaksie
Naspeuring (veelvuldige verteenwoordiging) per dag
Dispute
4,94
1,93
1,98
10,00
Rekeninghouer-verifikasie (AHV)
Per transaksie, insluitend gratis nommer-verifikasie 2,19

 

  • Buiten HGG Tegnologie Ondersteuning se debietorder-optimaliseringsdiens bied ons die ontwikkeling van webwerf-gebaseerde bestuursplatforms vir produkverkope, die outomatisering van besigheid deur die implementering van tegnologie-gedrewe sakereëls, die skryf van gespesialiseerde web-gebaseerde toepassings vir individuele kliënte, asook spesifieke tegnologies-gevorderde werk om in kliënte se behoeftes te voorsien.
  • HGG Tegnologie Ondersteuning voorsien in die behoeftes van kliënte wat vind dat die toenemende belangrikheid van inligtingstegnologie vir hul onderneming 'n hoë vlak van professionele tegnologiese ondersteuning verg. Hierdie maatskappy maak deel uit van die gerespekteerde HGG Finansiële Groep, en dus kan kliënte van doeltreffende en betroubare diens verseker wees. Nog 'n voordeel van hierdie verhouding is dat kliënte by ons geïntegreerde diensaanbod baat aangesien al agt ons divisies saamspan om jou van optimale oplossings vir jou behoeftes te voorsien. Die sinergie tussen ons divisies maak dit vir ons moontlik om elke diens volgens jou spesifieke behoeftes saam te stel met inagneming van al die ander elemente van jou finansiële en sakeportefeulje.

Vir meer inligting, kontak vir gabriel@hggroep.co.za of skakel 021 851-2778.