Nuus argief

 

Vakature beskikbaar: Ervare finansiële beplanner

Nuus argief >>

HGG Welvaart (Edms.) Bpk., ‘n onafhanklike FSP, het die volgende vakature:

Pos: Ervare finansiële beplanner
Plek: Somerset-Wes-/Stellenbosch-/Paarl-tak
Tipe pos: Permanent
Vergoeding: Vergoedingspakket wat toonaangewend in die mark is

Doel:

  • Verskaf professionele advies aan bestaande groep kliënte.  
  • Lewer uitstekende kliëntediens en bou kliënteverhoudings uit.
  • Groei en ontwikkel die huidige kliëntebasis. Balans tussen lewens- en beleggingsbesigheid.
  • Fokus op die bou van langtermyn-adviesgelde .


Ontwikkeling en maatskappy-insette:

  • Omvattende produkopleiding sal verskaf word.
  • Die jongste bemarkingsmateriaal en steun sal binne die Groep beskikbaar wees.
  • Nuwe produkontwikkelings en toegang tot ‘n bestaande kliëntebasis sal beskikbaar gestel word.
  • Toegang tot baie sterk administratiewe steun en prosesse.

Bevoegdhede en eienskappe:

  • Vermoë om onafhanklik te werk en selfdissipline.
  • Moet eie inisiatief kan gebruik en op ‘n kreatiewe wyse nuwe besigheid kan beding.
  • Moet stresvolle situasies en tyd kan bestuur.
  • Moet op hoogte wees van huidige marktendense en mededingers in die industrie.
  • Moet iemand wees wat dinge laat gebeur en resultaatgedrewe is.
  • Moet eerlik en eties wees en by die kliënt se behoeftes en vereistes kan aanpas.

Kwalifikasies en ervaring:

  • Moet oor al die vereiste FAIS-kwalifikasies en ‘n onberispelike nakomingsrekord beskik.
  • Minimum ervaring van vyf jaar word vereis.
  • Moet ‘n goeie kennis van lewens- en beleggingsbesigheid hê.
  • Moet rekenaargeletterd wees met eie skootrekenaar.
  • Moet oor ‘n geldige Suid-Afrikaanse rybewys en eie betroubare voertuig beskik.

Doen aansoek:

  • Stuur jou gedetailleerde CV van nie meer as vyf bladsye nie per e-pos aan Naomi@hggroep.co.za.
  • Heg ‘n afskrif aan van jou FAIS-kwalifikasies en die hoogste NQF-vlak wat jy behaal het (moet minstens vlak 5 wees).
  • Aansoeke sluit op 20 Mei 2016. As jy nog nie ‘n reaksie teen 3 Junie 2016 ontvang het nie, moet jy jou aansoek as onsuksesvol beskou.