Nuus

 

Uitstaande diens is kernbelangrik

Nuus >>

Uitstaande diens is vir HGG Welvaart as gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP no. 44905) kernbelangrik. Daarom werk ons welvaartbestuurders saam met jou om jou toekomstige finansiële behoeftes te ontleed en die beste moontlike pasgemaakte advies te lewer.

"Ons lewer waardevolle advies oor aftreebeplanning, beleggings en risikobeskerming wat insluit lewens-, ongeskiktheid-, ernstige siektes- en inkomstebeskerming-versekering en verseker so doeltreffende langtermyn- finansiële beplanning. HGG Welvaart funksioneer onafhanklik en bestuur beleggings regstreeks met beleggingshuise en versekeringsmaatskappye. Ons lewer ook gesondheidsorg-advies," sê Niek van den Berg, direkteur en welvaartbestuurder.

Om hierdie diens te lewer, het ons 'n span kundige welvaartbestuurders. Die span bestaan uit Niek van den Berg by 021 851-2778, David Walker by 021 979-3900 en Dennis Robertson by 021 851-2778 en word ondersteun deur Heleen van den Berg en Greta Walker.

"Stefanie Tolken, voorheen welvaartbestuurder, het HGG Welvaart se diens verlaat. Haar kliënte kan egter verseker wees van voortdurende spesialis-ondersteuning van HGG Welvaart. Kontak gerus vir my, David of Dennis in hierdie verband," sê Niek.