Nuus

 

Tyd vir ’n ruskans

Nuus >>

Met 2017 wat nou einde se kant toe staan, is ons ongelooflik dankbaar vir al ons kliënte en kollegas se lojale ondersteuning. Die Suid-Afrikaanse sakelandskap het oor die afgelope jaar onsekere tye beleef, maar ons is vol vertroue dat ons ag afdelings en vier kantore in die Wes-Kaap jou steeds sal bystaan om jou finansiële stabiliteit en langtermyn-voorspoed te verseker.

Ons het die afgelope jaar talle hoogtepunte beleef, insluitende die bekendstelling van ’n reeks nuwe bankdienste. Hierdie dienste sal regdeur die vakansietyd beskikbaar bly. Alle HGG-kliënte wat gedurende die vakansie bank- of buitelandsevaluta-transaksies wil doen, moet vir Jackie Fourie (076 767 5151) of Leonie Geldenhuys (062 920 2089) of invest@hggroep.co.za om hulp kontak.

Ons kantore sal soos volg oor die feestyd gesluit wees:

Somerset-Wes-, Durbanville- en Paarl-kantore
Sluit Woensdag 20 Desember 2017
Heropen Maandag 8 Januarie 2018

Helderberg Insurance Brokers (HiB)
Sluit Vrydag 22 Desember 2017 om 12:00
Heropen Dinsdag 2 Januarie 2018

Clovelly-kantoor
Sluit Woensdag 20 Desember 2017
Heropen Maandag 8 Januarie 2018