Nuus

 

Tyd met Aleit is terug op openbare aandrang

Nuus >>

Suid-Afrikaners is mal oor Tyd met Aleit en dit is hoekom die HGG Finansiële Groep opgewonde is om te kan aankondig dat ons ons borgskap vir die derde seisoen van hierdie gewilde leefstylprogram hernu het. Tyd met Aleit seisoen 3 is weer in Oktober op ons skerms te sien met nog van die inspirerende en kreatiewe dekoridees wat dit so ’n groot gunsteling onder kykers gemaak het.

In elk van die reeks se 13 episodes besoek geleentheidsghoeroe Aleit Swanepoel die tuistes van Suid-Afrikaanse bekendes en kry inspirasie by hul huise en dekor waarmee hy vir buitengewone vermaak sorg.

Die HGG Finansiële Groep bied finansiële dienste vir dié wat meer as die norm verwag, wat hom baie geskik vir die kykersgroep van Tyd met Aleit maak. “Ons gedeelde waardes van professionalisme, kundigheid en ’n sin vir styl maak die HGG Finansiële Groep en die Aleit Groep perfekte vennote vir hierdie borgskap,” sê HGG se hoof- uitvoerende beampte, Hendrik Gerryts.

Die HGG Finansiële Groep roem hom daarop om kliënte spesialis-advies, voorkeur-rentekoerse, doelgemaakte versekeringspakkette en beleggingsportefeuljes vir die kieskeurige belegger te bied. “Die HGG-leefstyl is sinoniem met langtermyn- finansiële beplanning en die vermoë om lewensgebeurtenisse te vier – van vriende onthaal tot ’n groot geleentheid beplan. ’n Gesonde finansiële portefeulje gee jou die vryheid om Aleit se idees vir dekor en onthaal in te span,” sê Hendrik.

Seisoen 3 van Tyd met Aleit sal elke Woensdag van 3 Oktober tot 26 Desember om 18:00 – 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien wees.