Nuus

 

Ter viering van vroue met inspirasie

Nuus >>

ForwardFund nooi jou na sy inspirerende Vrouedag-tee by die Lourensford-mark Saterdag 12 Augustus 2017. "Hierdie geleentheid het 'n hoogtepunt op die ForwardFund-kalender geraak want dit stel ons in staat om die werk van sommige van ons buitengewoon talentvolle vroulike entrepreneurs te vertoon," sê ForwardFund-direkteur Tina Thiart.

Besoekers by die geleentheid, wat van 10:00 tot 14:00 sal plaasvind, sal op heerlike eetgoed getrakteer word en ook by die stalletjies met hul pragtige handgemaakte items en gebak kan rondloer. "Kaartjies kos net R100 per persoon, of R1 000 vir 'n korporatiewe tafel van 10 mense. Korporatiewe tafels word ook genooi om aan die tafeluitdaging deel te neem deur hul handelsmerktafels met 'n bietjie ekstra blinkgoed te versier," sê Tina. Nog 'n aansporing is die pryse wat opgeraap kan word vir dié wat by die wentafel sit.

Die bemagtiging van vroue in Suid-Afrika is een van ForwardFund se kernfokusgebiede. "Ons is absoluut daartoe verbind om vroulike entrepreneurs op elke moontlike wyse te mentor en te ondersteun. Vroulike entrepreneurs speel 'n uiters belangrike rol in die uitwissing van armoede op voetsoolvlak in ons land," sê Tina.

ForwardFund is ook die medestigter van die Women Investment Network (WIN). WIN se vernaamste doel is om 'n voortgesette vennootskap tussen bestaande vroulike sakeleiers en voornemende vroulike entrepreneurs te vestig. "Ons toegewyde vrouesakeleiers investeer hul tyd en hulpbronne op 'n voortgesette grondslag om dié wat nou net met hul sakeloopbane begin het, te mentor," verduidelik Tina.

KOM ONTMOET ONS

Sluit Saterdag 12 Augustus by ForwardFund aan en kry die geleentheid om van hierdie sakeleiers en entrepreneurs in 'n pragtige omgewing en wonderlike atmosfeer te ontmoet. Stuur 'n e-pos aan info@forwardfund.co.za of bel (021) 782 8816 om jou kaartjie te bespreek. Ons sien uit daarna om jou daar te sien.