Nuus

 

Staatmakeradvies op ’n splinternuwe plek

Nuus >>

Helderberg Insurance Brokers (HiB) het ’n nuwe tuiste. Ná ons trek in Maart vanjaar is ons nou behoorlik gevestig en wil jou welkom heet by ons splinternuwe perseel in Faganstraat 11, Somerset-Wes. Ons het dalk te groot vir ons vorige tuiste geraak, maar ons verbintenis tot persoonlike verhoudings met ons kliënte bly onveranderd.

Ons nuwe kantore is net oorkant die pad van ons vorige kantooradres by Cloetenburg Place, Faganstraat 10, Somerset-Wes en dus bly al ons ander kontakbesonderhede, behalwe ons straatadres, presies dieselfde. As jy enige navrae het, kontak ons asseblief by (021) 851-2570.

Johan, Delanie, Edmund, Karen en die res van die HiB-span sien daarna uit om jou by ons nuwe, moderne kantoor te verwelkom. Kom loer gerus in vir ’n koppie koffie en ’n geselsie as jy weer hier naby is.

HiB is ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer.