Nuus argief

 

Slaan af vir 'n goeie saak

Nuus argief >>

Bespreek nou vir ForwardFund se jaarlikse gholfdag op 20 November 2015 by die Clovelly-buiteklub. Ons sien daarna uit om op die setperke die dag met jou deur te bring deur ons gholfstokke vir 'n goeie saak te swaai.

Hoe kan ek betrokke raak?

Deelname aan die gholfdag neem die vorm aan van 'n vierbal-samespel teen 'n koste van R2 500. Die eerste afslaantyd is 11:00.

Daar is egter ook verskeie borgskapgeleenthede beskikbaar as jy nie self wil speel nie. Jy kan kies uit goue (R30 000, BTW uitgesluit), silwer (R20 000, BTW uitgesluit) of brons (R10 000, BTW uitgesluit) borgskappe, of borgskap van 'n geskenksakkie (R8 000, BTW uitgesluit) of nat gate (R5 000, BTW uitgesluit). Klik hier vir nog inligting oor die voordele van die borgskappe.

Hoe baat ander hierby?

ForwardFund is 'n geregistreerde organisasie sonder winsbejag, wat beteken jou betrokkenheid as 'n speler of borg van die gholfdag verhoog jou B-BBEE-telling aangesien jou deelname 'n bydrae tot sosio-ekonomiese en ondernemingsontwikkelingsinisiatiewe beteken. So terwyl jy die balletjie op die setperke laat inrol, help jy ook om 'n positiewe verskil te maak waar dit die meeste saak maak.

Vir nog inligting oor ForwardFund se jaarlikse gholfdag, skakel Tina Thiart (021 782 8816) of stuur 'n e-pos aan info@forwardfund.co.za.

Meer oor ForwardFund

ForwardFund is daartoe verbind om die gemeenskappe waarin ons werk op te hef deur inisiatiewe vir maatskaplike verandering soos gemeenskapsontwikkeling, vrouebemagtiging en die organisatoriese ontwikkeling van organisasies sonder winsbejag. Deur die bydrae van fondse tot 'n getal vooraf-goedgekeurde begunstigdes bied ForwardFund maatskappye die geleentheid om in ondernemingsontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling te belê.