Nuus

 

Opwinding op die setperk

Nuus >>

Daar is geen beter manier om Dinsdag 20 Maart 2018 deur te bring as by die ForwardFund-gholfdag nie. Stel jou vir ‘n oomblik voor jy is op die pragtige setperke van die Arabella-gholflandgoed – en skryf dan in.

Vanjaar se FowardFund-gholfdag bied twee opwindende formate – jy kan of as ’n vierbal inskryf saam met mense wat jy ken, of as ’n driebal waar jy verras sal word deur ’n glanspersoonlikheid wat saam met jou speel ter ondersteuning van die ForwardFund-saak. Al wat jy moet doen, is om op te daag en die dag te geniet – jou inskrywingskaartjie bied jou daardie dag volle toegang tot al die gholfputjies asook ontbyt, middagete by die halfweghuis, aandete, pryse, musiek en geskenke.

Die asemrowende gholfbaan by die Arabella-gholflandgoed in Kleinmond word as een van die toptien-gholfbestemmings in Suid-Afrika bestempel. “Hier kan jy die pragtige natuurskoon geniet, ’n wonderlike sport beoefen, en dit alles met die wete dat jou inskrywingsgeld tot voordeel strek van  ForwardFund se vooraf goedgekeurde begunstigdes wie se werksaamhede op maatskaplike verandering, bemagtiging en entrepreneurskap gerig is,” sê Hendrik Gerryts, hoof- uitvoerende beampte van die HGG Finansiële Groep en direkteur van ForwardFund.

ForwardFund is ’n organisasie sonder winsbejag (NPO) en ’n geregistreerde fonds wat investeer in organisasies wat entrepreneurskap, ondernemingsontwikkeling, vrouebemagtiging en die ontwikkeling van NPO’s bevorder. Vind meer uit by www.forwardfund.co.za.

BESPREEK NOU: Om jou kaartjie vir die dag te bespreek, stuur ’n e-pos aan collin@hggroep.co.za of bel (021) 782 8816. Kaartjies kos R10 000 per vierbal, en ’n beperkte getal gholfkarretjies is te huur teen R600 vir die dag.