Nuus argief

 

Op pad oorsee vir die vakansie?

Nuus argief >>

Maak 'n punt daarvan om vandag nog vir HGG Beleggings te kontak.

HGG Beleggings kan jou wisselkoers-omskakelings optimiseer en jou die heel beste koers vir jou rande bied. Ons ervare buitelandsevaluta-span kan ongeëwenaarde koerse teen baie lae koste vir ons kliënte verseker. En, die beste van alles, ons lewer jou buitelandse valuta reg by jou voordeur af. Jy hoef glad nie in lang toue te staan, in die verkeer te sit of vir parkeerplek te soek nie. Jy bly net waar jy is en ons bring die dollars, ponde, euros (en so te sê enige iets anders) na jou toe.

Ons risikobestuursdienste vir buitelandse valuta sluit in optimale tydsberekening, doeltreffende verskansingstrategieë en al die nodige regulatoriese verslagdoening en vereistes. Jy kan dus die gemoedsrus hê dat jy die beste koerse kry terwyl daar aan al die verpligte regstandaarde voldoen word.

So of jy nou oorsee vlieg om Kersfees saam met jou geliefdes deur te bring of jouself net met 'n eksotiese vakansie bederf, moenie huiwer om HGG Beleggings vir al jou buitelandsevaluta-behoeftes te kontak nie.

HGG Beleggings
(021) 851 2778
invest@hggroep.co.za

Vir bystand met buitelandsvaluta-transaksies gedurende die vakansie:

Bel Jackie Fourie by 076 767 5151 of stuur 'n e-pos aan invest@hggroep.co.za.