Nuus argief

 

Ons voorsien in NPO's se besondere behoeftes

Nuus argief >>

HGG NPO Sustainability Solutions beskik oor al die ervaring en kennis wat nodig is om organisasies sonder winsbejag (NPO's) van 'n gespesialiseerde reeks finansiële, ontwikkelings- en tegnologiese dienste te voorsien.

Tina Thiart, direkteur, werk al langer as 25 jaar met NPO's – wat beteken sy ken al die fyner punte van die bedryf. Hierdie grondige kennis het gehelp om vorm te gee aan die reeks dienste wat HGG NPO Sustainability Solutions spesifiek vir NPO's bied.

Die span bestaan uit 'n dinamiese groep vaardige en ervare finansiële, sake-, bemarkings, IT- en ontwikkelingspesialiste wat die geweldige uitdagings verstaan wat NPO's in die gesig staar en gerat is om hulle van 'n uitgebreide reeks produkte en finansiële dienste te voorsien. Hierdie volhoubare oplossings is pasgemaak volgens die spesifieke finansiële behoeftes en doelwitte van 'n NPO, en dan ook op die kostedoeltreffendste wyse.

Om hul bedryfsdoelwitte te bereik, maak NPO's op finansiële bydraes van donateurs staat wat hulle in staat stel om 'n betekenisvolle impak in die gemeenskappe te maak waarin hulle werk. HGG NPO Sustainability Solutions maak dit nou vir donateurs makliker om tot hierdie verdienstelike gevalle by te dra deur 'n aanlyn web-gebaseerde debietorderstelsel op NPO-webwerwe.

Hierdie tegnologies gevorderde debietorder-optimaliseringsmeganisme verminder transaksiekoste en verhoog doeltreffendheid. So, of jy nou as 'n onderneming wil bydra of 'n NPO is wat van bydraes afhanklik is, hierdie debietorderstelsel sal dit maklik, veilig en gerieflik maak om transaksies te doen. Boonop is die transaksiekoste wat deur NPO's betaal sal moet word, aansienlik laer as dié van ander tegnologieverskaffers.

Vir verdere inligting, stuur 'n e-pos aan Tina.

HGG NPO Sustainability Solutions maak deel uit van die HGG Finansiële Groep wat sedert sy stigting deur Hendrik Gerryts in 2000 'n wye reeks finansiële dienste aan 'n immer groeiende kliëntebasis bied. Met sy toekomsgerigte finansiële denke het die maatskappy sedertdien tot 'n formidabele krag in die finansiëledienste-arena gegroei. Die sinergie tussen ons agt divisies stel ons in staat om elke diens volgens jou spesifieke behoeftes saam te stel, met inagneming van al die ander elemente van jou finansiële portefeulje. Dit beteken jy sal baat vind by die kundigheid van 'n span wat die groter prentjie sien wat die bestuur van jou finansiële sake betref. Hierdie diensaanbod sluit ook professionele buitelandsevaluta-handel in asook 'n verhouding met Investec Bank waar ons sekere dienste van 'n private bankier lewer.